Wen ‘n 90 minute videosessie met musiek

Barefeet gee een gelukkige paartjie die kans om ‘n pragtige geredigeerde paartjie video sessie van ‘n uur en ‘n half te wen.  Dit sal bewerk word na ‘n +-3 minute video, met musiek.  Die kort video sal ook gepubliseer word op Vimeo, wat dit maklik vir jou sal maak om dit met vriende en familie te deel.  Alles ter waarde van R 4 500.  Blaai af om in te skryf.

Baie geluk Karen van Rensburg

Termes en Bepalings:

  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie en is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 15 Mei 2018 en die wenner word 20 Mei 2018 op die webblad aangekondig.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Aflewering en ekstras nie ingesluit in die prys nie.
  • Prys is slegs geldig vir een paartjie en mag nie gebruik word vir familie video-sessies nie.
  • 50 kilometer retoer is ingesluit in die prys vanaf een van Barefeet se naaste kantoor af:  Johannesburg, Kaapstad, Pietermaritzburg, Bethlehem of Bloemfontein.  Ekstra vervoer sal tot die paartjie se eie rekening wees teen R3 per kilometer.
  • Vir beskikbaarheid, stuur ‘n e-pos na  info@barefeetvideography.com indien jy die prys gewen het.
  • Gelisensieerde musiek sal deur Barefeet gekies word vir die video en sal nie verander word nie.  Jy mag nie jou eie musiek verskaf nie, omdat Barefeet slegs gelisensieerde musiek vir videos gebruik.
  • Die Video sal bewerk word op Barefeet se standaarde en kwaliteit en sal die her-bewerk word vir spesiale versoeke nie.
  • Die video-sessie sal +- so 90 minute neem.
  • Enige ekstra versoeke, sal ‘n ekstra koste wees wat die paartjie moet betaal.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.