Wen ‘n verlowing fotosessie by Dust and Dreams

Die wen-paartjie loop weg met ‘n verlowings fotosessie ter waarde van R 2 500.00 van Dust and Dreams Photography wat ‘n uur fotosessie, tien 5×7” Fyn-kuns afdrukke & 60-70 hi-res geredigeer fotos van die fotosessie insluit.

Baie geluk Elna Potgieter

Termes en Bepalings:

  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie en is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 15 Mei 2018 en die wenner word 20 Mei 2018 op die webblad aangekondig.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en mag slegs geboek word gedurende die volgende maande: Mei, Junie en Julie 2018 of Mei, Junie en Julie 2019.
  • Prys sluit nie Dust & Dreams Photography se reiskostes na die fotosessies in nie.
  • Enige fooie betaalbaar aan die gekose venue {sou julle besluit om julle sessie by ‘n venue te hou } is betaalbaar deur die paartjie self en is nie ingesluit in die prys nie.
  • Die wen-paartjie moet Dust & Dreams Photography kontak om ‘n datum vir hulle fotosessie te bespreek en datums is onderhewig aan beskikbaarheid.
  • Die fotosessie moet bespreek word vir 2018
  • Oop vir alle paartjies in Gauteng & Mpumalanga
  • Aflewering en ekstras nie ingesluit in die prys nie.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.