Wen 2 nagte se verblyf by The Cowshed House

Wen 2 nagte se verblyf vir 8 mense ter waarde van R 10 080 by The Cowshed.  Hulle het die huis gebou in 1913, wat later gebruik was as ‘n werkende melk-skuur, en nou gerestoureer na sy eertydse glorie.  Die huis het ‘n DSTV vir die van julle wat wel wil ontspan en televisie kyk.  Die huis kan tot en met 8 mense slaap in vier dubbel en-suite kamers met 2 beddens in elke kamer, met ‘n toilet, bad en privaat buite stort.

Geleë langs die dam en kyk uit oor die pragtige vlei.  Die bedekte buite stoep is die perfekte plek om die oorvloedige voëllewe te bekyk.  The Cowshed House is die perfekte wegbreek plek saam met vriende of as jy wil as ‘n paartjie.  Veral met die Winter seisoen wat nou kom, kan jy lekker snoesig voor die kaggelvuur jou warm sjokolade geniet of as die weer dit toelaat kan jy vir ‘n lekker lang stap op die plaas gaan en die vars lug in neem.  Dié selfsorg huis is geleë op die The Wilsonia Farm naby Lydenburg.  Daar is ook groot groente tonnels op die plaas, kontak die plaas asseblief voor die tyd indien jy enige groente wil bestel vooraf vir jou wegbreek.  Ons hou duim vas dat jy die wenner is van hierdie fantastiese prys.

Baie geluk Eric Van Zyl

Termes en Bepalings:

  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie en is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 15 Mei 2018 en die wenner word 20 Mei 2018 op die webblad aangekondig.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en mag slegs geboek word gedurende die volgende maande: Mei, Junie en Julie 2018 of Mei, Junie en Julie 2019.
  • Die verblyf is streng selfsorg.
  • Geen troeteldiere sal toegelaat word nie.
  • Die prys moet geboek word voor 30 Julie 2018.
  • ‘n Maksimum van 8 gaste sal toegelaat word.
  • Inklok tyd na 14:00 en uitklok tyd voor 10:00.
  • Aflewering en ekstras nie ingesluit in die prys nie.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.