Wen 2 nagte se verblyf by Karoo Gariep Natuurreservaat

Wen 2 nagte by Karoo Gariep Natuurreservaat se selfsorg eenheid vir ‘n paartjie wat by hul gaan kuier vir hul troue beplanningsessie, ingesluit is een skemer rit na die seekoeiepoel.  Alles dié is ter waarde van R4000.

10% Afslag word toegedien op die akkommodasie vir enige troue wat bespreek word van nou tot en met einde Maart 2019.  Waarde sal verskil op die aantal gaste wat wil bespreek.

SKRYF IN: 

NAAM EN VAN:

E-POS ADRES:

EK AANVAAR DIE TERME EN BEPALINGS

Termes en Bepalings:

  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie en is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 15 Mei 2018 en die wenner word 20 Mei 2018 op die webblad aangekondig.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en mag slegs geboek word gedurende die volgende maande: Mei, Junie en Julie 2018 of Mei, Junie en Julie 2019.
  • Die verblyf is streng selfsorg.
  • Geen troeteldiere sal toegelaat word nie.
  • Inklok tyd na 14:00 en uitklok tyd voor 10:00.
  • Prys moet gebruik word voor April 2019 en die 10% aanbod is vir die venue is slegs vir die wenner.
  • Ekstras nie ingesluit in die prys nie.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.