Vars Swart & Wit stilleerde fotosessie

Hierdie fotosessie wys hoe swart en wit aksente op ‘n subtiele manier inkorporeer kan word om nie die tema oorweldig te gebruik nie.  Die tafels is relatief eenvoudig en bevat baie groenigheid met die swart en wit aksente daarby.  Die goue kerse en dekor opsies sluit mooi aan by die hout tafels wat dit weer nie te blink en uitspattig laat lyk nie.  Die dekor opsie kan ook werk by verskeie venue opsies wat dit divers maak en ‘n goeie opsie vir verskeie bruide.  Die trourok is ‘n ongewone opsie vir bruide en iets wat die kontroversiële bruid sal kies, so as dit soos jy klink wees verseker om daarna te loer.  Kyk ook na die dramatiese koek wat nie alledaags gesien word nie.  Die grimering is eenvoudig en laat alle fokus op die bruid en haar rok terwyl net haar beste aksente geaksentueer word. Wees verseker om al hierdie elemente onder te bestudeer en ook te bespreek met jou diensverskaffers.  Vandag se fotosessie was gehou by  Hertford Country Hotel  ‘n venue om nie te vergeet nie!

Wie het die fotosessie beplan?


Ek en Jana het saam die sessie gereël.  Ons wou iets doen wat die rokke die hoof fokus maak. Iets vars en elegant maar ook treffend. Ons het gekies om dit by Hertford Country Hotel te doen want hulle spierwit onthaal saal is absoluut perfek vir die vars gevoel wat ons wou skep.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die res van die span is verskaffers saam met wie ek gereeld werk en ook al lank n sessie wou saam doen.   Ellie van Turquoise Squirrel maak altyd ongelooflike troukoeke en ek het in die verlede van haar werk afgeneem vir haar portfolio.  Ek is mal oor haar fyn handewerk en het dadelik aan haar gedink vir die koek.  Ek het vir Tumelo van Wedding Butterfly ontmoet by n troue en wou ook al vir n tydjie n projek saam met haar doen.  Lauren Racquel is my MUA vir baie van my fotosessies – sy is dierbaar om mee saam te werk en ek is altyd mal oor die kwaliteit van haar werk.

Wat was die inspirasie vir die gestileerde fotosessie?


Die sessie was geïnspireer deur n stel wit en swart rokke wat Jana van Silver Swallow gemaak het.  Ons wou al n tydjie saam werk en die rokke was toe uiteindelik ‘n verskoning om n span saam te sit vir n sessie.  Jana wou ook graag saam met die model Jessica Tovey werk wat sy in van my vorige werk gesien het.

Enige advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg


Advies wat ons het vir paartjies is om n venue te kry wat minimaal en simplisties is om die groenigheid van die dekor te laat uitstaan.  Kies n verskeidenheid verskillende groen blare en blomme en gebruik wit, swart en goud vir alle ander dekor.  Die groen-lopers is ook vreeslik gewild en n treffende manier om bietjie geld te spaar op duur blomme.

Diensverskaffers: