SF & Sanri se Vrystaat plaastroue

Die paartjie wou ʼn eenvoudige troue hê wat niks te uitspattig of blink is nie en dit is presies wat hulle bereik het.  Die familie en vriende het vir ʼn naweek bymekaar gekom en hul tyd saam geniet na die groot dag.

Die dekor het pragtige oranje rose ingesluit wat ʼn treffende stelling gemaak het teenoor die eenvoudige dekor en tesame met die hout tafels.  Die skuur venue het ook bygedra tot die plaas gevoel waarna die twee gestreef het. Lees beslis ook onder die praktiese manier waarop die paartjie voor die troue geld bymekaar gemaak het vir hul troue om hul eie droom dag te laat realiseer.

Geniet die prag Vrystaat troue.

Wat was jul troudatum en hoe oud was julle op dié dag?


Ons troudatum was die 28ste Oktober 2017. SF was 31 jaar oud en Sanri 29.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons ken mekaar van skool af en het baie in dieselfde kringe beweeg, toe na skool het ons begin uitgaan en “gekys” geraak. 

Hoe het julle verloof geraak?


SF het ʼn koffie koppie laat maak, wat as jy warm water in gooi die woorde vra “Will you marry me Sanri?”

Hoe het julle die venue gekies?


Ons het na verskillende Venues gaan kyk en The Venue was net vir ons die beste , ons wou almal saam hê vir die naweek so dit was ʼn naweek troue. Alles is op een plek by The Venue, Die Kerk, onthaal en fotos.

Wat was die styl van jul troue?


Ons wou ʼn plaasstyl vintage voorkoms gehad het.  Niks te blink of uitspattig nie.

Vertel ons meer van jul ringe?


My ring het SF laat maak by Jewel Craft in Bloemfontein, min mense weet dit maar daar is 2 klein hartjie vorms aan elke kant van my ring bo.  SF het dit spesiaal laat maak. SF het n Titanium ring,  Wat hy soms vergeet om aan te sit. Ek steek soms sy ring weg sodat hy dit soek.

Wat was vir jul die merkwaardigste oomblik van die aand?


Toe ons gedans het, eerste dans as Mnr en Mev Van Zyl,  en toe SF sy toespraak moes maak.  Hy hou niks van toesprake nie!

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf?


Ons fotograaf was Tania Allen, wat ʼn vrou! Wow, sy het alles baie lekker en gemaklik gemaak.  Wat lekker is is as n fotograaf iets anders voorstel vir idees vir fotos, soos mooi agtergronde en “poses” .   Tania het ook n baie uitgaande en spontane houding, so mens voel gemaklik om voor haar te pose. Ons videograaf was Perfect Pear, JP en sy vrou.  Baie kalm mense, het ons almal baie op ons gemak laat voel en n baie mooi video van ons groot dag laat maak.

Wat sou jul verander indien moontlik?


Absoluut niks.  Alles was lekker.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul toue te beplan?


Geniet elke Oomblik van daai hoofstuk in jou lewe,  Nooi mense wat Na is aan jou, moenie jou troue met ander sin vergelyk nie en drink baie Essentials.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting was met wittebrood so R150 000.  Ons het besluit ʼn jaar voor die troue ons sit elke maand geld weg tot ons by ons bedrag uitkom, elke maand het jy maar geweet dit is wat ek kan gebruik en dit is wat gaan vir troue, en jy het maar by dit gebly.

Was julle met wittebrood gewees?


Ons was Phuket toe vir Wittebrood, ons het in Okt getrou maar eers 25 Desember gevlieg Phuket toe.  Was daar oor nuwe jaar en Kersfees, dit was n fees!  Ons was so 3 jaar voor dit ook daar, so die keur was ons bevoorreg om dit te gaan doen wat ons nie die vorige keur kon nie.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: