Herfs-illustrasie skryfbehoeftes

Hierdie skryfbehoefte-stel bevat alles van die “teken-die-datum-aan” tot tafelnommers vir jou groot dag met een oorhoofse tema wat regdeur gevoer word.  Die skryfbehoeftes wat ontwerp is deur  Fleur Design Studio het ‘n voëltjie illustrasie wat deurentyd sigbaar is en ook ontwerp is in ‘n herfskleurig kleur-palet wat dit die ideale skryfbehoeftes maak vir ‘n Herfs-troue.  Vir bruide wat nie noodwendig die illustrasie teenwoordig wil hê op hul skryfbehoeftes nie, is daar ook die watermerk-opsie wat onder te siene is.  Mooi Troues is ook mal oor die kombinasie van skrif-style wat gebruik word in die fotosessie!  Ons hoop hierdie skryfbehoeftes gee vir alle toekomstige bruide wat iets warm en nie te modern wil hê vir hul troudag, inspirasie.

Artikel Krediet: