Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 5

So hier is ons … Drie maande tot jou groot dag.  Hoe opwindend is dit?  Slegs drie maande tot jy ʼn mevrou word.  Vandag se inskrywing  is alles oor selfdoen gesig maskers wat jou vel sal laat gloei. Ek, Daniella van Adara Beauty Clinic, sal ook liggaam-sorg, haar wenke en gesonde naels bespreek.

Velsorg by die huis:


Jou tuis versorgings roetine behoort teen hierdie tyd soos die tweede natuur te wees.  En ek is seker deur al die resultate wat jy op jou vel sien, sal jy altyd aanhou om hierdie regime te volg. Hierdie maand sal ek jou aanbeveel om nie iets nuuts by jou velsorg roetine te voeg nie.  Volg net die stappe wat in my vorige inskrywing gegee is.

Idees vir Selfdoen gesigmaskers is die volgende:


 Suurlemoen en Jogurt (Gloeiende Vel):
  • 1 Koppie Suurlemoensap gemeng
  • 2 Koppies Griekse Jogurt
  • Smeer oor skoon gewaste gesig aand.
  • Los aan vir 15 minute.
  • Spoel af.

Eierwit masker:
  • Een eierwit
  • ½ teelepel heuning
  • ¼ teelepel suurlemoensap
  • 3-4 stukkies toiletpapier.
  • Meng alle bestanddele saam tot glad.
  • Wend masker op skoon gewaste gesig aan.
  • Plak toiletpapier oor die oppervlak van gesig wat die masker aan het.
  • Los aan vir 15-30 minute (of tot toiletpapier droog is)
  • Trek dan die toiletpapier af, en voila, kleiner porieë en minder swartkoppies!

Suiker afskilfer masker:
  • 2 eetlepels suiker (bruin of wit)
  • ¾ babaroom
  • Meng die bestanddele.
  • afskilfer skoon gewaste gesig vir ongeveer twee minute.
  • Spoel af.
  • Hierdie masker sal sorg dat jou vel so sag soos ʼn baba se boudjies is.

Liggaam:


Hierdie maand wil ek hê dat jy jou hele liggaam 3 keer moet afskilfer.  Maak seker dat jy nie op dieselfde nag afskilfer wat jy geskeer of gewaks het nie, dit kan ʼn irritasie op jou vel veroorsaak. Deur jou vel gereeld te afskilfer gedurende hierdie tydperk sal jou nie net ʼn glansende voorkoms gee nie, maar dit sal jou ook ontspanne laat voel.

Hare:


Hierdie maand sal dieselfde as die vorige inskrywing volg, maar ek sou aanbeveel dat jy in die maand jou toets-lopie doen vir jou troudag haarstyl.  En net ʼn wenk, as jy wel besluit om jou toetslopie te doen, reël sommer ook dat jou verlowings fotos geneem word.  Dit is `n ideale tyd om alles uit te toets voor die groot dag.

Naels:


Gaan voort met jou huidige naelsorg roetine.  Hierdie maand moet jy jou naels ʼn bietjie langer laat groei om seker te maak jy het die regte lengte op jou troudag.  Dit hang natuurlike af van die lengte en vorm wat jy op jou troudag wil hê…  Hierdie maand wil ek ook hê dat jy jou gesogte liggaam-skrop moet neem en dit langs jou tandeborsel gaan sit.  Elke nag wanneer jy jou tande borsel, kan jy jou hande afskilfer en wanneer jy in die bed klim, kan jy net vogroom en die kutikula-olie aanwend.  Dit is ook ʼn goeie roetine as jy met die wintershande sukkel.

Interne:


Hou aan met die gebruik van jou foliensuur en multi-vitamiene om jou innerlike gesondheid te handhaaf. As jy steeds moeg voel, is daar ʼn hierdie wenk vir jou. As jy by die huis kom, neem ʼn lang bad en wanneer jy jouself gereed maak vir slap, doen dan die volgende asemhalings oefeninge.  Asem in vir 4 tellings, hou jou asem op vir 7 tellings en asem uit vir 8 tellings. Gaan voort om dit vir ʼn rukkie te doen en vermy dit om aan enige stresvolle trou beplanning of enige ander stres wat jy dalk op hierdie stadium ervaar te dink nie.

As jy uit gemis het op die vorige trou vel artikels, moenie bang wees nie, volg net die skakels hieronder!

  1. Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 
  2. Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 2
  3. Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 3
  4. Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 4

Artikel Krediet: