Sagte pienk klassieke blom uitnodiging

Hierdie pragtige skryfbehoeftes wat ons vandag met julle deel is ontwerp deur Watercolour Heart.  Dis klassiek, skoon en prefek vir die bruid wat hou van blommotiewe en vroulike skryfbehoeftes. Mooi skryfbehoeftes neem jou tafeldekor na die volgende vlak en kan soms ‘n maak of breek element wees.  Gaan kyk onder na vandag se naamkaartjie ontwerp wat weer wegbreek van die gewone vierkantige kaartjies wat telkemale gebruik word.  Omdat die kleur-palet redelik eenvoudig is kan enige kleur lint bygevoeg word om die skryfbehoeftes aan te pas by jou groot dag se kleurskema of net ‘n aksent kleur daarmee te bind.  Die goue skrif is ook fyn en elegant en gee daardie effense glinster tot die produk wat elke bruid na strewe.  Beslis skryfbehoeftes om te oorweeg as jou troue oorwegend wit is of baie blomme op die dag gaan bevat wat hierdie kleure bevat.

Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes:  Watercolour Heart