Ockert & Monique se natuurskoon verlowing

Ockert en Monique het hul groot dag baseer rondom’n spesiale plek in die natuur vir hulle – die dam net buite hul huis.  Die twee is albei ewe mal oor die omgewing en bring gereeld saam tyd daar deur en kan nou ook een van die spesiaalste dae saam hier deel.  Michelle lyk pragtig met haar in-die-mode oorbelle wat ook heel toevallig Ockert se hemp komplimenteer.  Die natuur was ook ‘n pragtige agtergrond vir die fotos aangesien die twee mooi uitstaan teen die neutrale kleure van die agtergrond.  Hierdie pragtige fotosessie is ook vasgevang deur Michelle Kalp Photography, een van ons adverteerders.  Geniet hierdie rustige natuur fotosessie en wees geïnspireer.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons ontmoeting was ‘n blinde afspraak. Ons was nie dadelik smoorverlief op mekaar nie, maar wat ons getrek het is dat beide van ons vreeslik eerlik is, goed opgevoed en het integriteit, en dit is baie belangrik. Hoe meer ons in mekaar geselskap gekom het, hoe meer lief en verlief het ons geraak.

Hoe het julle verloof geraak?


Ockert het die vraag gevra terwyl ons op ‘n staptog was, een van ons gunsteling dinge wat ons graag saam doen. Hy het gevra met ‘n vreeslike mooi goud en wit goud “Infinity” ring. 

Wat was die inspirasie agter die verlowings fotosessie?


Die verlowings fotosessie is by die dam langs ons huis afgeem. Ons huis het ‘n deur wat oopmaak op die dam. Ons is elke middag daar om net te rus na ‘n dag se werk en ons ander twee liefdes vir ‘n stap te vat, ons Border Collie, Luca, en Bull Terrier, Brollie. Hierdie dam is vir ons ‘n betowerende plek, een van die fotos is ons onder ‘n boom, wat ek ons “Magical Tree” noem geneem. Ons altwee hou van die buitelug so dit was vir ons van baie groot waarde om hierdie dam en natuur elke dag in ons lewe te kan beleef.

Hoe lyk jul droom troue?


Ons droom troue is klein en intiem, net met ons naby familie en vriende. Dit gaan ‘n dag troue wees, wat ons altwee baie graag soek. Die plek wat ons gekies het vir ons troue is Flamingo’s Nest Guest house. Dis aan die ander kant van ons bogenoemde dam is. Tussen Januarie en April is die dam vol flaminke. Omdat die dam so spesiaal is vir ons, het ons seker gemaak ons venue kyk uit op hierdie wonderlike natuur.

Diensverskaffers