Luhan & Chane se plaas verlowing

Chane en Luhan se liefdesverhaal het op skool begin en de twee het uiteindelik besluit na al die smiddae se uitstappies huistoe dat hulle verewig hul paadjies wil saamstap.  Hul verlowings fotosessie is gedoen op ‘n plaas en het baie plaas elemente soos die vervoer kratte en grondpaaie daarin.  Die twee lyk gemaklik en uiters verlief.  Verloofdes kan gerus oplet na die gemaklike en eenvoudige kleredrag wat die twee dra wat steeds formeel en netjies lyk.  Ons hoop julle geniet die oulike paartjie se foto’s soveel as wat ons het!

Hoe het julle ontmoet?


Ek en Luhan was in dieselfde Hoërskool. In graad 10 (2009) het Luhan in die middae saam met my begin huis toe stap, hy het heel ‘toevallig’ elke middag in my vas geloop en aangebied om saam te stap. Na elke stapsessie was ek net meer verlief op sy sin vir humor en avontuurlustige uitkyk op die lewe. Van daar af het ons avontuur saam begin.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Ons het die 14de Desember 2016 verloof geraak in Knysna. Luhan het n verrassings piekniek gereël op ‘n koppie waar ons op die hele Knysna kon uitkyk.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Pinterest was ‘n groot hulp.  Ek wou baie graag ‘n woud of bome in die agtergrond hê en het met ons fotograaf gepraat oor wat ons wou hê.  Jessica het Altydgedacht voorgestel.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Al ons geliefdes bymekaar, heerlike kos en spesiale oomblikke wat ons vir altyd sal onthou.

Diensverskaffers