Ludwig & Lenize se sprokiesverhaal dag

Lesers sal nie anders kan as om aan ‘n feeverhaal te dink wanneer hulle kyk deur Ludwig en Lenize se troue nie.  Lenize het soos ‘n hedendaagse Aspoestertjie of Sneeuwitjie gelyk in haar sagte tulle rok en ruiker met rooi rose.  Die hele atmosfeer was sprokiesagtig en jy kan duidelik sien hoedat die tema regdeur gevoer is vanaf die seremonie tot by die onthaal, hulle het selfs ‘n rooi appel gehad as bykomstigheid tydens die paartjie fotosessie!  Soos gewoonlik het Charl van der Merwe fotografie hulle ook oortref met pragtige fotografie wat presies die paartjie se styl uitbeeld.  Die omgewing het baie goed saam gewerk met die tema en wys weer watse verskil ‘n venue kan maak wanneer ‘n spesifieke visie het vir jou groot dag.  As jy ook die tipe bruid is wat soos ‘n prinses uit ‘n sprokiesverhaal wil voel, wees beslis om onder te lees en na al die detail in die fotos te kyk.  Lekker lees.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ek het seker vier jaar voordat ek hom ontmoet het, hom vir die eerste keer raak gesien. Hy was so mooi en anders, ek onthou nog ek het die aand by die huis gekom en vir my ma gesê ek het my trou man gesien. Sy het nog gelag en gesê ek moet ophou droom! Jare later het hy my ‘n uitnodiging gestuur op Facebook. Ons het eers maande later begin gesels en kort daarna op ons eerste afspraak gegaan. Ludwig sê dat hy kon sien dat sy ‘n gesien opregte mens is en sy het iets mooi in my gesien.

Wat was die styl van jul troue?


Die styl van die troue was boheems, maar tog klassiek. Ons inspirasie was sprokies verhale. Ons wou iets baie natuurlik gehad het en in die woud. Ek wou nog altyd in die bos trou. Dit was meer en deels ons inspirasie. Ons het baie idees op Pinterest gekry ook. Die venue het net so perfek gepas by ons idee. Sprokies mooi!

Vertel ons van jul wittebrood


Ons was Hazyview toe vir ons wittebrood.  Ons het by Hazyview Cabanas gewoon.  Ek het ‘n paar jaar daar gewoon en wou vir Ludwig alles wys.

Wat was die datum van jul troudag en hoe oud was julle op die dag?


Ons troudag was 28 Oktober 2017 en ons was albei 27.

Advies aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan


Ons het nogal baie vasgesit tydens die beplanning van ons troue.  Oor klein simpel goed.  Familie se opinie, jou aanstaande se opinie en jou eie verskil kompleet.  Vind net ‘n middelgrond en kommunikasie is baie belangrik!  Die gastelys is ‘n riller- hierdie beproef nogal die verhouding.

Wat was jul begroting en hoeveel gaste was op jul troudag?


Tussen 60-70 gaste. Ons wou dit klein en intiem hou maar tog genoeg mense.

Ons begroting was so R100 000.00 en ons het binne begroting gebly, nog bietjie onder begroting.

Diensverskaffers