Jess & Cassandra se fotosessie

Cassandra en Jess is al jare bymekaar en het ontmoet op skool soos baie ander paartjies.  Die twee wou graag offisiële fotos van hulself laat neem om te gebruik en vir hulself te hê.  Die fotograaf  het besluit om hierdie pragtige konsep saam te sit en die paartjie se droom te bewaarheid.  Sover is daar geen trou-planne tussen die twee nie, maar die foto’s kan maklik misgis word vir ‘n verlowings fotosessie so pragtig is dit!  Die paartjie het ook slim te werk gegaan met die keuse van klere vir die dag, net formeel genoeg vir ‘n fotosessie en net informeel genoeg om te pas by die strand atmosfeer.  Die prag foto’s is geneem in Llandudno en beslis ‘n venue wat ander paartjies ook kan oorweeg vir verlowings foto’s.

Diensverskaffers