Sarel & Gerda se boere troue

Sarel en Gerda se troudag was ‘n groot samekoms van vriende en familie wat die paartjie op hul mooiste uitgebeeld het.  Dit was ‘n viering wat gevul was met plaas elemente omdat dit ‘n groot deel is van wie die paartjie is. Die twee het goeie raad gehad wat hul begroting aan betrek.  Hulle het die koste laag gehou tenspyte daarvan dat hulle 400 gaste gehad het.  Dekor is eenvoudig gehou om die fokus te plaas op die gaste en die vreugde van hierdie dag eerder as die materialistiese elemente.

Lees beslis ook Gerda se opinie oor videograwe indien jy nie regtig seker is of jy hierdie onkoste op jou groot dag wil aangaan nie.  Hulle troufoto’s is ongelooflik en jy kan werklik sien hoe die paartjie straal van liefde en geluk – beslis die tipe foto’s wat jy wil uitstal in jou huis!  Lees beslis verder onder meer oor hoe hulle ontmoet het asook die paartjie se spontane idee vir ‘n wittebrood.

Hoe het julle ontmoet?


Ons het eintlik nooit ontmoet nie, my pa en Sarel se pa was van skooldae af vriende. Ons het nooit enige iets romanties aan die gang gehad as kinders nie, want ons ouderdomsverskil was so groot, en ons ouers was familie vriende.  Ons het net gebeur, so vyf jaar gelede.

Sarel se energie, positiwiteit en wilskrag het my na hom getrek, hy het my altyd maak lag… natuurlik ook daai mooi blou oë! Wat Sarel na Gerda aangetrek het is haar positiewe uitkyk op die lewe en lag.

Wat was die styl van jul troue?


Ek en Sarel is boere kinders, so dit was maar ‘n baie eenvoudige boere troue.  Ons het nie by ‘n venue getrou nie, ons venue was ‘n vriend van Sarel se plaas skuur.  Ons wou nie gebind gewees het aan ‘n spesifieke spyskaart, styl of getal gaste nie…ons wou net ‘n gemaklike dag hou vir almal!

Ek het meeste goed op Instagram en Pinterest gekry.  Kern idees gevat en van daar af gewerk om te kry en te maak wat eg ons is.  ‘n Roes, kunstige boere troue.

Was julle met Wittebrood?


Ons was op wittebrood, ons het in die bakkie geklim (die bakkie eers skoongemaak) en net gery…ons wou blomme kyk, maar met die droogte het ons nie veel blomme gesien nie. Ons roete was as volg: Eerste waas ons na Plettenbergbaai daarna na die Strand en van daar na Van Rhynsdorp, Springbok en heel laaste by Langebaan.

Ons het hierna terug gekeur na ons plaas in die Oos-Kaapse Karoo. Ons het rustig gery, en verblyf bespreek daar waar ons stop.

Wat sou jul verander het aan die dag as jul kon?


Ons sou eerder iemand aangestel het om te help delegeer en leiding neem, dan ons ouers en familie minder werk gehad het…

Wat is jul advies aan ander paartjies wat nou troue beplan?


Wees baie streng op jou begroting en bly daarby.  Ons het besluit om aandag te gee aan ons gaste, want ons is albei mense-mense in plaas van om geld uit te gee op dekor en venue onkostes.

Wat was jul trou begroting?


So ongeveer R180 000 het ons gebruik.

Het julle ‘n Videograaf gehad?


Ons het nie een gehad nie.  Ek is self in die foto bedryf.  Ek het die Kodak-winkel in Jeffreysbaai, my sê-ding in my bedryf is – ‘n gedrukte foto is veraltyd, die digitale lewe kan mens altyd in die steek laat.  Ons het wel baie mense gehad wat van verskillende kante foto’s afgeneem het.

Die seremonie was in ‘n sirkel formaat, met ons in die middel.  Ek sê glad nie dat mense nie videograwe moet kry nie, baie mense wil dit graag weer kyk.  Ek het vriende in daardie bedryf, hulle doen ongelooflike werk.  Dis immers net my persoonlike opinie wat ek gee.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: