Riaan & Marilize selfdoentroue

Riaan en Marilize het gou na hul ontmoeting geweet dat hulle ‘n paadjie saam sou kon stap en kan nou uiteindelik ook met julle, die lesers, hul spesiale dag deel.  Die paartjie het in September verlede jaar getrou en kon pragtige paartjie foto’s neem met die omliggende gebiede wat daar is soos die strand en pragtige geel Kanola-plantasies.  Hierdie is beslis iets som na te kyk wanneer jy ‘n besluit maak oor die venue wat jy wil gebruik, hoe nader daar mooi areas is om paartjie fotos te neem, hoe beter – niemand wil ekstra tyd verloor op groot dag om ver te ry na ‘n mooi area nie!  Die troue-venue was ‘n pragtige doek van wit wat die paartjie ruimte gegee het om met donkerblou en goue kleure te speel. Hulle het vir blomme meestal net groenigheid bygevoeg soos Pennygum. Die paartjie het ook sowat R3000 onder hul aanvanklike begroting ingekom deur baie take self te doen en self in te spring om dekor te maak, wat weereens wys dis nooit ‘n slegte idee om self in te spring en jou dag presies te maak soos jou idees nie.

Hoe het julle ontmoet?


Ek en Riaan het by die Klein Karoo Kampioenskappe stockcars ontmoet. Ek het saam met my suster daar aangekom.  Toe sien hy dié blonde meisie. Niks kon hom keer om toe met my te kom gesels nie. Hy wou my nie vir ‘n oomblik uitlos nie! Een ding het na ‘n ander gelei en ons het nommers uitgeruil. Hy het my saam na sy suster-hul se plaas genooi. Dinge het van toe af ernstig geraak. Dit was God se plan om ons by mekaar te bring. Riaan is baie positief en gevul met baie liefde, ‘n goeie hart en is hardwerkend. Ek weet wat ek wil hê, dit is ‘n perfeksionis eerlik en opreg.

Wat was die styl van jul troue?


Die styl wat ek voor gegaan het was baie modern. Ek het ‘n paar idees op webtuistes gesien en het toe my idees met dit gekombineer. Ons hele familie is kreatief. Dit het natuurlik baie gehelp! Toe ons die venue sien het ons na mekaar gekyk en geweet, dit is waar ons, ons spesiale dag wil deurbring.

Wat sou jul verander aan die dag as jul kon?


Die tafels – ons wou graag lang, hout tafels gehad het.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat hul troue beplan?


Probeer om soveel as moontlik self te doen. Dit is immers jou troudag! Jy weet wat jy wil hê. Laat die familie ook inspring om te help.

Diensverskaffers: