Lig & Rustigheid

Hierdie fotosessie is vir die bruid wat droom dat haar groot dag gevul gaan wees met kalmte en dekor wat klassiek skree.  Die kleurskema wat hoofsaaklik uit variasies van grys-tone bestaan gee ‘n gevoel van rustigheid en bied diepte tot die gestileerde fotosessie.  Die skryfbehoeftes is elegant en kom vroulik voor met die tipe skrif wat gebruik is asook die grys-kleur wat verder deurgevoer is. Die fotosessie is perfek afgerond met verskeie dekor items soos die wit kerse, silwer kershouers, linte om die vadoeke en stoele asook juwele van Marion Rehwinkel.  Die styl sal perfek werk by bykans enige venue aangesien die kleurskema neutraal is en geen van die dekor opsies teveel gebind is aan ‘n spesifieke styl nie. Die dekor opsies wat gebruik is vereis ook nie hope blomme of buitensporige duur items nie, wat hierdie styl perfek maak vir enige bruid se begroting.  Lees gerus onder die slim wenke wat gedeel word deur die diensverskaffers en verkyk jou aan die pragtige foto’s.

Wie het hierdie fotosessie gereël?


Stella Uys as deel van haar trou-fotografie werkswinkel.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die venue waar ons die fotosessie gehou het, was Lace on Timber in Pretoria, en ons was geïnspireer deur die natuurlike lig wat ingestroom het by die groot vensters.

Met die uitstap slag na die pragtige opelug kapel area het ons ‘n gevoel van rustigheid gekry soos die wind liggies deur die blare gesuis het en jy die woud se geluide kon hoor. Vanuit hierdie gevoel het ons besluit om ‘n fotosessie te hou met die tema Lig en Rustigheid wat ons twee groot temas was vir die dag.

In die gees van hierdie besluit het ons ‘n pragtige kleurskema van grys, mos groen en seeskuim groen gekies om mee te werk.  Ons het ‘n baie sagte en romantiese gevoel geskep met die liggewig materiaal wat sagkens geval het en die hope kerslig.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies?


Die wonderlike Stella Uys het al verskeie trou fotografie werkswinkels aangebied elke jaar en dit was die eerste keer wat sy die Bells and Whistles span genooi het om die stilering te doen na ‘n verwysing vanaf Chrystallace – ons kon nie wag om te begin nie!  Stella het die hele span bymekaar gekry vir die fotosessie, wat werklike industrie leiers in hul verskeie velde bevat het, het almal saamgekom en ‘n magiese eindproduk saamgestel deur hul kollektiewe talente en passie om unieke en onvergeetlike troues te beplan.

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Wat net begin het as ‘n paar idees en ‘n kleurskema het gelei tot ‘n idees-bord, dit was wonderlik om te sien hoe die konsep ontwikkel en al die elemente bymekaar kom soos die werkswinkel dag aangebreek het.  Dit was ongelooflik om te sien hoe die verskeie diensverskaffers elkeen hul bydra lewer en almal so goed saamwerk – dit was absoluut ongelooflik.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Gebruik variasies van die onderskeie kleure soos grys en mos groen om diepte te verskaf en moet ook nie bang wees om die materiaal te leier nie sodat dit sagkens drapeer nie.  Hope kerse is ook ‘n fokus element wat die dromerige en romantiese gevoel skep.  Dit gee die dekor ‘n persoonlike gevoel en onthou om ook ‘n paar elemente wat jou eie persoonlikheid uitbeeld by te voeg tot die troue.

Diensverskaffers