Gloeiende bruid met ‘n gesonde vel artikel 3

Sjoe, dit is nog net vyf maande voor jou groot dag … kan jy dit glo?  Dit is n ongelooflike opwindende tyd waarin jy nou is, alles begin nou in plek val en die skoenlappers in jou maag vlieg net al hoe vinniger.  Maar, ek weet ook dat n verskriklike stresvolle tyd vir ‘n bruid kan wees.  Daarom wil ek graag een ding vir jou makliker maak, en dit is om ‘n gesonde, gloeiende vel vir jou trou dag te handhaaf!  Daarom het ek besluit ek gaan in dié webjoernaal inskrywing fokus op vel en jou algehele interne gesondheid.  Elke bruid wil ekstra stralend lyk op hul groot dag, so in hierdie inskrywing sal ek vir jou al die relevante wenke gee om jou reis na perfekte trou-vel te kan voortduur.

Gesig:

In hierdie maand sal ek jou aanbeveel om jou salon te besoek om twee afskilfering behandelinge te ontvang, elke behandeling moet twee weke uitmekaar gedoen word.  Daar is twee behandelings wat ek graag in hierdie pos wil bespreek, maar die een wat jy kies, sal meestal afhang van wat jou grootste vel-besorgdheid is.

As jy problematiese vel het en sukkel met velkolle en oop porieë, moet jy twee behandelinge doen wat se aktiewe bestanddeel TCA 7.5% is.  Hierdie behandeling help om die opbou van dooie vel te verwyder.  Weens die feit dat jy ‘n problematiese vel het, is jy geneig om meer dooie vel op die oppervlak van jou gesig te hê.  Wanneer jy hierdie dooie vel verwyder, dring jou produkte makliker jou vel binne, waardeur dit dan die verjongingsproses meer produktief maak.

As jy sukkel met `n vel wat deur die omgewing beskadig is, sal jy dus `n ander behandeling moet ontvang.  Meeste salonne het behandelinge wat se aktiewe bestanddeel Glycolic is.  Ek sal jou aanbeveel om dit met jou vel-spesialis te bespreek, sodat julle saam kan besluit wat die beste behandeling vir jou vel sal wees.  Hierdie behandeling verbeter dadelik jou vel se algehele voorkoms, aangesien dit die tekstuur van die vel balanseer, hidrasie bevorder en jou fyn lyne en plooie op jou gesig elimineer.  Hierdie behandeling verhoog ook produk penetrasie en sal jou vel se gesondheidsprogram optimaliseer.

Ek neem ook aan dat jy jou huis-versorging roetine al soos `n tweede natuur is.  In hierdie maand wil ek graag `n ekstra stap by hierdie roetine sit.  Ek sal aanbeveel dat jy twee maal per week ‘n masker op jou gesig gebruik, na afskilfering.  Bespreek met jou vel-spesialis wat jou grootste bekommernisse is, en so kan julle dan saam besluit watter gesigmasker die beste vir jou sal werk.

As jy voel dat hierdie velsorg ekspedisie alreeds jou sak bietjie ruk, kan jy gerus gaan kyk vir resepte om jou eie gesigmasker te maak.  Dinge soos heuning, eier witte en vele ander huishoudelike bestanddele sal ook as ‘n gesigmasker kan dien!

Interne Versorging:

Gaan voort met jou daaglikse foliensuur aanvullings, asook ‘n goeie multi-vitamien.  As jy ‘n bietjie moeg voel, gaan hardloop of spandeer ‘n ekstra paar minute in die gimnasium.  Ek weet mens is nie altyd lus vir oefen nie, maar sodra jy klaar is, sal jy sommer soos `n nuwe mens voel.  Oefening gee jou werklik meer energie (al voel dit nie in die oomblik so nie) en help ook om stres beter te hanteer.

Jou vel spreek weelde van wat binne in jou liggaam aangaan, so as jy sukkel met ‘n problematiese vel is dit heel waarskynlik omdat jy nie genoeg oefen nie, ‘n tekort aan vitamiene het of verkeerd eet.  Suiker, veral sjokolade, is natuurlik een van die grootste vyande van die vel, en ek weet vir meeste bruide is dit jou troos as die stres te veel raak.  So as jy voel dat jy dringend sjokolade in jou lyf moet kry, probeer om `n 70% (of meer) donker sjokolade te eet.  Nie net gaan jou vel jou bedank nie, maar jou trourok ook!

Net ‘n wenk: Onthou om ook kwaliteit tyd saam met jou man-lief te spandeer.  Ek weet dat dinge so stresvol en intens kan wees in hierdie stadium van die trou beplanning.  Maar dit is egter noodsaaklik om tyd saam met jou ander helfte te spandeer, wat ander dinge as koek-proe, tafel-plasings of trou geloftes insluit… so moenie oor die huwelik praat nie, gee jouself ‘n welverdiende breuk en ontspan net!

Ek hoop dat my advies jou op enige manier kan help, groot of klein.  Onthou dat ek hierdie inskrywings uit my eie ervarings skryf.  Dus, sal nie alles wat ek in die ses maande tot op my troudag gedoen het vir jou werk nie, maar dit kan wel as riglyn dien om jou groot dag volmaak te maak!

Ek hoop julle het ‘n fantastiese dag alle toekomstige bruide!

xxx

Daniella

Artikel Krediet: