Gee jou hare ekstra volume met uitbreidings

Ons het ClipinHair se Boetiek besoek waar die stigter en eienaar, Jeanne Pienaar, ons deur die maklike stappe gewys het om meer volume en lengte in jou hare te kry.  Dit is elke bruid se droom om die perfekte hare met baie volume en lengte te hê vir haar troudag.  Om jou hare so lank met soveel volume te laat uitgroei voor jou troudag kan jare neem en dan moet jy dit nog gesond hou, sodat dit mooi lyk vir jou spesiale dag.  ClipinHair uitbreidings kan jou die perfekte haarstyl gee vir jou troue deur hulle in-klip hare uitbreidings.  Dit is ‘n maklike en tydelike oplossing en jy hoef dit nie net by jou troue te drae nie, maar kan dit ook op jou wittebrood of enige ander spesiale geleentheid drae of as jy wil sommer elke dag.

As jy opsoek is na iets bietjie meer kreatief wees en jou ‘n ombré of balayage styl gee, deur ‘n haarstyl wat een skakering ligter is as jou hare te kies.  Ons was self by die demonstrasie by ClipinHair se Boetiek in Bellville en het beleef dat jy nie die verskil tussen die model se hare en die uitbreidings kan sien wanneer dit klaar in is nie.  Dit lyk net na ‘n lekker gesonde klomp hare.

Dit is so maklik, jy kan dit self inknip of jou verloofde vrae om jou te help en jy kry die perfekte volume vir jou droom haarstyl.  Dit is ‘n maklike oplossing vir mooi hare.

Vir meer inligting oor ClipinHair se produkte, klik hier om na hulle webtuiste en aanlyn winkel te kyk.  Jy kan hulle ook volg op: Facebook, Instagram en Twitter vir inspirasie en die nuutste nuus en tendense.

Artikel Krediet:

  • Fotograaf:  Günther Schubert