Blou & Pienk Uitnodiging Inspirasie

Hierdie uitnodigings is perfek vir die bruid wat se kleurskema oorgwegend blou is op haar groot dag. Die blommotief wat lyk soos waterverf sketse is speels en vroulik. Dit gee onmiddellik die gevoel dat hierdie ‘n samekoms vol geluk, lekkerte en liefde gaan wees – ‘n groot makietie! Die skryfbehoeftes onder bevat alles vanaf die uitnodiging tot die sitplekkaartjies en sal beslis vir bruide wat ‘n ontspanne atmosfeer op hul dag wil skep inspirasie bied. Die ontwerp is gedoen deur Watercolour Heart en is van so ‘n aard dat die kaartjie alle inligting bevat wat nodig is, maar steeds plek gelaat het vir ‘n pragtige blom-ontwerp.

Artikel Krediet: