Tiaan & Ronel se natuur verlowing

Tiaan en Ronel het ‘n baie mooi verlowing fotosessie in die natuur gehad.  Die berge in die agtergrond met die groen bome en die dam het alles perfek afgerond.  Ons by Mooi Troues kan sien dat die die paartjie nog smoorverlief op mekaar is.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet by ‘n braai.  Ons oë het dadelik mekaar gevind.   Die eienskappe wat my lam in my knieë lam gemaak het is sy “plat op die aarde” persoonlikheid.   Sy ontspanne houding.   Die manier wat hy altyd die perfekte heer is.

Vertel ons meer oor jul verlowing?


Ons verlowing was regtig betowerend.  Hy het my uitgevat vir ete oor ons sopas ‘n huis gekoop het.  Ons het gery en gery.  Toe stop ons b y ‘n huisie, waar hy iets gaan aflaai het by ‘n vriend.  Hy het my gevra om in die bakkie te wag.  Hy het toe ingegaan en weer uit gekom om my te kom haal.  Hy het my geblinddoek en na die huisie toe gevat.  Toe ek by die deur inloop het my gunsteling liedjie gespeel.  Hy het toe my blinddoek afgehaal en op sy knieë my gevra om sy vrou te wees. Om ons was dit donker met baie kerse en hout-woorde waarop daar staan ” Sal jy my vrou wees?”  ek moet toe ja of nee by die woorde sit.

Vertel ons meer oor die verlowing fotosessie?


Ons fotosessie was maar net so normaal as moontlik oor my verloofde nie regtig so mal is oor die kamera nie.  Ons het probeer om net onsself voor die kamera te wees en mekaar lief te hê sodat daai spesiale oomblik was gevang kon word.

Vertel ons meer van jul droom troue?


Vir my is my droom troue ‘n perfekte aand saam met hom en ons vriende en familie.  ‘n Aand waar ek en hy mekaar onvoorwaardelik lief kan hê.  Waar almal lekker saam met ons kuier en dans.  Ons wil regtig net die aand geniet so veel as moontlik.  Ek en hy trou by Meerdam lapa, ‘n doodgewone saal en het ons seremonie sommer daar buite op die gras.  Die troue het ‘ n natuurlike kleurskema met baie min blomme.

Diensverskaffers: