Splinternuwe trou lokaal Hoogeind Manor

Hoogeind Manor is ‘n splinternuwe troue- en funksielokaal geleë net buite Somerset-Wes langs die N2 in die rigting van Sir Lowry’s Pas. Hierdie pragtige Kaaps Hollandse styl venue is gehuisves tussen die Hottentots Holland en Herlderberg bergreekse, en spog met ‘n asemrowende uitsig oor ‘n reuse en vreedsame pragtuin, perseëlwingerde en die ongelooflike Atlantiese Oseaan by die punt van Gordonsbaai.

Nie net het Hoogeind Manor ‘n ongelooflike mooi onthaalarea asook kontemporêre kapel met pragtige groen grasperk-areas nie, hul verskaf ook korporatiewe konferensie fasiliteite en gehalte bed en ontbyt akkommodasie – en elke bruidspaar se verblyf op die troudag is gratis ingesluit by die venue-fooi!

Die indrukwekkende venue bied verskeie uitleg opsies en die klassieke argitektuur dra by tot ‘n regte ou-wêreldse sjarme en romantiese atmosfeer.  Die hoof onthaalarea kan tot 130 gaste met ‘n dansvloer akkommodeer terwyl die grasperk area voor die herehuis tot en met 250 gaste Al-Fresco styl of onder ‘n majestueuse markiestent kan sit.

Die kapel is ‘n pragtige moderne lokaal met indrukwekkende hout afwerkings en omsluitende hoë vensters wat uitkyk oor die herehuis, tuin en die mooi wingerde soos wat jy op ry vanaf die ingang.  Dit kan selfs gebruik word vir kleiner funksies en intieme onthale, waar die grasperk-area voor die kapel dan ideaal benut kan word vir opelug seremonies.

Hoogeind Manor beloof inderdaad ‘n absolute vreedsame wegbreek van die besige alledaagse lewe en enige bruid-in-wording sal sonder twyfel verlief raak op die eindelose moontlikhede wat hierdie spog-venue bied.

Artikel Krediet