Gratis Vonkel Stokkie Kaartjies

Vonkel stokkies is ‘n oulike idee vir ‘n troue en maak die mooiste foto’s, veral as die paartjie hulle eerste dans doen of as hulle die koek sny.  Something Gold Designs het die oulike gratis kaartjies gemaak vir jou vonkel stokkies wat lees: “Laat die liefde skyn”.   Laai dit gratis af vanaf Mooi Troues en laat druk dit op ‘n A4-karton papier.  Knip die kaartjies uit en druk twee gaatjies in met ‘n gaatjiesdrukker.  Plaas die stokkie by die een gat in en die ander uit.  Maak seker as jy dit vir gaste gee om te brand, dat die papier nie aan die brandende deel is nie, maar aan die handvatsel deel.


LAAI AF: 

NAAM:

E-POS ADRES: