Charles & Tessa se verlowing fotosessie

Tessa vertel ons dat haar en Charles se planne nie altyd verloop soos hul dit beplan het nie, maar dat hul nie een dag vir iets anders sal verruil nie.  In die fotos kan ons by Mooi Troues sien die paartjie is baie verlief op mekaar.

Lees graag Charles en Tessa se storie, dit is nogal besonders oulik.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons is nou al 6 jaar ‘n paartjie en ontmoet by my broer se 21ste verjaarsdag, want hy en Charlie het saam gestudeer.  Soos dit ongepas gevoel het om met my jonger broer se vriend uit te gaan kon ons onsself nie help nie en het hals oor kop verlief geraak en ons was nie eendag spyt nie.  So 6 jaar later besit ons ‘n huis, het twee klein katjies en is opgewonde om die volgende hoofstuk van ons lewens as ‘n egpaar te begin.

Vertel ons meer van jul verlowing?


Ons doen altyd iets spesiaals vir Valentynsdag, so ek het nie vreemd gedink dat iets anders was toe hy my vertel het dat hy iets vir Saterdag 11 Februarie 2017 beplan het nie.

Ons het vroegoggend vertrek vir  Seinheuwel waar hy gereël het om Paragliding te gaan doen.  Hy het beplan dat ons albei saam af vlieg en middel van die lug of so iets romanties my vra om te trou, maar weens bietjie wind moes ons afsonderlik vlieg en die rit was bietjie van ‘n anti-klimaks. Hy het besluit om te sien hoe die res van die dag sou uit speel.  Ons het toe gaan stap op See Punt Promenade en op pad huis toe Sushi opgetel vir middagete en besoek toe Intaka Island by Canal Walk vir ‘n piekniek-middagete.

Toe ons middagete klaarmaak het, het hy vir die ring uit gereik, maar skielik het ‘n stormwind die bord om geblaas en oorblywende sojasous oor my gemors, so die ring het terug in die sak fegaan voordat ek dit kom raakgesien het.

Ons het toe die fliek, Fifty Shades Darker,  gaan kyk en na ‘n besige dag het ons besluit om huis toe te gaan om aandete te maak.  Charles het toe ‘n baie vinnige ete bymekaar geslaan terwyl ek op die bank gekrul lê en toe hy my aandete gebring het, het hy gesê: “Hier is jou aandete bedien met ‘n kant van wil jy met my trou?!”  In ware Charles-styl het hy my heeltemal onkant gevang en kon ek nie vir ‘n meer perfekte dag en huweliksvoorstel gevra het nie.

Vertel ons van jul verlowing fotosessie?


Om ‘n trou fotograaf te vind was een van die eerste dinge wat ons gedoen het nadat ons ‘n datum vasgestel het.  Ons het dadelik verlief geraak op Tanith se werk.  Ek was lief vir hoe gemaklik en natuurlik almal in haar foto’s gelyk het en was presies wat ons wou hê vir ons troudag.  Ons het nooit op ‘n verlowing fotosessie beplan nie, maar soos Tanith in haar pakket aangebied het, het ons besluit waarom nie.

Ons het eers gedink oor ‘n paar ander plekke wat ons die fotosessie kon hou wat ‘n pragtige rustige omgewing aangebied, toe ons uit eintlik van Babylonstoren onthou het.  Dit is ‘n absoluut pragtige omgewing die hele jaar, maar ek kan my voorstel dat die lente die beste met al die blomme sal wees!  Ons was so gelukkig met ons fotosessie en sou sterk aanbeveel om ‘n verlowing fotosessie met jou trou fotograaf te hê, aangesien dit jou laat weet en voorberei vir wat jy op jou troudag verwag.  Tanith het ons so gemaklik laat voel en haar foto’s was pragtig!

Vertel ons meer oor jul droom troue?


Ons droom troue wat ons oor gedroom het, sou ‘n strand troue in Zanzibar of Mauritius gewees het met naby familie en vriende en baie gemaklik.  Kaal voet in die sand vir die seremonie en tafels langs die strand met baie feetjie liggies die aand, met vuur-dansers en die algemene strand-vakansie gevoel.  Ongelukkig kan hierdie soort plek nie vir almal belangrik aan ons wat ons troue bywoon bekostigbaar wees nie, ons het toe eerder besluit om dit plaaslik te hou en is baie opgewonde om ons troue by Du Kloof Lodge Paarl in Februarie 2018 te hê.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: