Wendy & Wian se Hartskleure trou inspirasie fotosessie

Die span diensverskaffers het bymekaar gekom om klem te lê dat “Minder-is-Meer”en die ongelooflike mooi fotosessie saam gestel by ‘n venue wat reg-om glas is met die mooiste wynlandgoed uitsigte en die dekor was dieper en donkerder kleure.  Die skryfbehoeftes het die dekor bitter goed gekomplimenteer.

Blaai deur die fotos onder en word geïnspireer met die mooiste elemente van die fotosessie en is perfek vir paartjie wat wil gaan vir “Minder-is-meer” en elemente van kleur wil inbring by hul trou dekor.

Vertel ons meer oor die inspirasie vir die fotosessie


Ons het bietjie dieper en donkerder kleure gesoek wat mooi sou ooreenstem met die venue.  The cooperage event space wat geleë is in Klapmuts op Anura Vineyards is ongelooflik mooi.  Die venue bied klaar verskriklike mooi abstrakte en moderne inhoud dat daar baie min dekor nodig is om die plek mooi te maak so met die swart lyne, hout dak en sement vloere wou ons net ‘n bietjie geroeste klere inbring maar geensins oorboord gaan nie.

Ons het vir klere en kombinasies gesoek wat jy nie elke-dag by troues gaan vind nie en dit het so mooi uitgekom, daar was letterlik iets van alles.  Dis ‘n baie sjiek voorkoms maar steeds gemaklik en anders.

 

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die venue was net ‘n moet, dit was deel van die eerste idee om die fotosessie te reël en die dekor plekkie het die perfekte dekor gehad om gepas te wees met die venue se styl.

Die rok was gekies voor ons die model gekies het want ons wou ‘n spesifieke voorkoms kry met die gesig en hare; en met daai rok wou ons gehad het dit moet net perfek lyk.  La Faye se rokke is almal buitengewoon so ek sal haar definitief aanbeveel!

Die grimering en hare is baie belangrik gewees en Estelle het soos altyd mens se verwagtinge oortref!  Nie net is sy besonders in haar werk nie, maar sy het ‘n ongelooflike persoonlikheid.

Die blomme was een van die belangrikste elemente en Blomakiti het definitief die hele fotosessie baie aangenaam bymekaar laat kom met haar kombinasies.  Ek het vir haar verduidelik wat ek in gedagte gehad het en sy het dit beter lat lyk in mens!  Sy het vir interessantheid ook ‘n ringetjie gemaak wat ‘n oulike alternatief is vir strooimeisie ruikers, iets fyner en kleiner.

Met die koek wou ons ‘n slag minder gedoen het.  Die mense gaan somtyds so oorboord met hoe die koek moet lyk en die goud met geen detail was vir ons verskriklik mooi.  Wys net dat “Minder-is-Meer”.

Skryfbehoeftes is ook baie belangrik by ‘n troue en ek het dit absoluut bewonder!  Die swart en donker blom skakerings het so mooi met die hele styl gepas.

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotograaf, Le-Handre van Kilig Photography, het die fotosessie gereël.

 

 

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie:


Dit is baie moeilik om te kan se wat die mees spesiaalste deel van die hele fotosessie was maar ek kan definitief sê sonder die venue sal die ander elemente nie gelyk het soos dit het nie.  Die venue het net die kombinasie voltooi en dit uniek gemaak.  Anura het verskriklike mooi plekkies vir trou fotos en mens kan hoeveel troues daar doen maar elkeen sal ‘n unieke voorkoms hê.

Advies vir paartjies wat die inspirasie wil volg?


Ek sal definitief paartjies voorstel om met die diensverskaffers te werk wat vir die fotosessie gebruik is, want elkeen van hulle het definitief die verwagtinge oortref en soveel ingesit in die fotosessie in.  Ek sal net altyd vir my kliënte sê moet nooit oorboord gaan nie.  Veral as dit kom by juwele kom dan is Minder definitief Meer.

 

Diensverskaffers: