Stephan & Louise se besonderse troue by Groenrivier

Die baie aantreklike paartjie Stephan (29) en Louise (25) het op 17 Junie 2017, 134 gaste by die mooi Groenrivier Venue onthaal en ons by Mooi Troues is opgewonde om die spoggerige troue met ons lesers te mag deel.

Ons glo Louise het al 134 gaste se asems weg geslaan met haar ongelooflike mooi rok wat sy aangehad het.  Die paartjie het die “Ietsie Blou” implementeer met die manne se pakke.

Groenrivier Venue is geleë in  Riebeeck-Wes en die klein dorpie spog met soveel karakter en daar is baie mooi plekkies in stegies om fotos te laat neem.

Rol af deur die fotos onder en word weg geneem deur die prag van die plattelandse dorpie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek het vir Stephan in 2006 ontmoet by ‘n modeparade waarby ons altwee deel was.  Ek was toe 16 en hy 19, toe ek hom sien was ek dadelik smoorverlief soos ‘n tiener.  Hy het saam met my geloop na die parkeerarea waar my Ma my moes optel  en het ons toe afgespreek om my die volgende dag weer te ontmoet.

Wat my aangetrek het aan Stephan was sy boerseun aksent en sy goeie maniere. Toe ek Stephan hoor praat toe moes ek net hoor van waar hy kom.

Stephan: Ek sal moet eerlik wees dat dit haar lyf was dat ek met haar moet praat en toe het sy nog ‘n oulike persoonlikheid ook gehad.

Ons was toe net vriende en het eers in 2013 begin kys.

Vertel ons meer oor die styl van jul troue?


Ek het my inspirasie op pinterest gevind dit was ‘n foto van ‘n teekoppie met al my gunsteling kleure blomme daarin, toe ek dit sien het ek geweet dat dit die kleure is wat ek wil gebruik.

Ek het Groenrivier gekies omdat die venue elegant lyk en spierwit binne is en al wat jy nodig het is blomme, veral omdat ek helder kleure gaan gebruik wou ek nie hê dit moet bots met die saal kleure nie.

Was julle met wittebrood?


Ons was na Bali en Zanzibar vir ons wittebrood. Bali was die meer avontuurlike bestemming van die twee ons het daar motorfietse gehuur en van die een plek tot die ander “gebackpack” met net ‘n rugsak elk.  Ons het nogsteeds in mooi en romantiese plekkies gebly maar die idee was dat ons Bali gaan verken.

Zanzibar was ons 6dae by een oord, Zanbluu.  Daar het ons ontspan, skemerkelkies gedrink en die son geniet.

Advies aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Moet nie trek ‘n week voor die troue nie, los alles vir na die troue of trek baie vroeër.  Ons moes ongelukkig kort voor ons troue trek en dit sit net nog meer onnodige stres op jou as die bruid.

Moet nie stres oor die klein goedjies nie, niemand gaan dit agter kom behalwe jy nie dit is ‘n baie spesiale dag.  Geniet dit soveel as wat jy kan.

Diensverskaffers