Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa

Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa is slegs vyftien minute se ry vanaf Pretoria se middestad en slegs ‘n uur se ry vanaf Johannesburg.  Dit is die perfekte wegbreek oase vir paartjies wat opsoek is na ‘n romantiese wegbreek plek om bietjie te ontspan.  Jy is definitief bederf wanneer dit kom by keuses, waar jy kan kies tussen verskeidenheid kamers.  Een van die 20 kamers om van te kies is Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa se Luukse Villa met ‘n Koning grootte bed wat twee mense kan slaap vir jou spesiale wegbreek.

As jy nog nie getroud is nie en opsoek is na ‘n plek om jou spesiale dag te hê dan moet Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa heelbo aan jou lys wees.  Daar is twee kapelle met elk hulle eie onthaalsaal.  Laat jou gaste gesellig kuier met heerlike tuisgemaakte ystee terwyl jul trou dag op kamera vas gevang word. Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa is elke fotograaf se droom wat verskeie agtergronde bied, soos groen versorgde tuine, grasvelde en ‘n asemrowende uitsig vanuit die Magaliesberg.

Die argitektuur en ontwerp van die groot kapel is fenomenaal met ‘n lieflike kaggel, perfek vir elke winter troue.  Jy kan nie help om verlief te word op Isiphiwo wanneer jy hierdie kapel se hoe boog deure oop maak met die trou klokke wat in die agtergrond lui nie.  Hierdie kapel kan tot 300 gaste onthaal.

Die Imbali Kapel is perfek vir kleiner intieme troues van omtrent 60 gaste.  Imbali se grasdak skep ‘n warm atmosfeer met natuurlike lig wat deur die kapel straal.

Isiphiwo se trou pakkette sluit in:

  • Op die perseel trou koördineerder om te help met die beplanning van jou spesiale dag.
  • ‘n Professionele Banket Toesighouer om jou troue te oorsien op die dag.
  • Wittebrood suiete vir die aand en vir die bruid en bruismeisies om in reg te maak.
  • 10 Sitplek ronder tafels en hulle het twee standaard tafeldoek kleure beskikbaar.
  • Perfekte tuin en gras vir foto’s.
  • Sambrele, tafels en stoele vir gaste om gemaklik te wees voor die onthaal.
  • Die Groot Kapel het ‘n PA Sisteem, Podium, Mikrofoon en vuurmaakplekke.
  • Die groot venue het lugversorging
  • Sitplek aanwysing staander en ook ‘n konfetti staander.
  • Kerse vir alle muur kandelare, waar benodig.
  • Spesiale stoele vir die bruidspaar in die kapel by die register tafel.
  • Standaard buffet opstelling met naam kaartjie houers vir elke dis.
  • Standaard eetgereie en breekware.
  • Suurlemoen en kruisement water op elke gaste tafel.
  • Ingang met ‘n rooi tapyt (indien nodig)
  • Volledige toegeruste kroeg en kombuis
  • Volledige beligting met dimmers
  • Binne die Funksie lokaal is daar ‘n kamer wat gebruik kan word vir ‘n kinder-kamer of foto hokkie, indien beskikbaar.
  • Privaat parkeer area met sekuriteit wat die area patroleer.

By Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa kan jy lip-lek-lekker kos vir jou troue verwag.  Hulle het verskillende spyskaarte beskikbaar vir verskillende persoonlikhede.  Van die spyskaarte wat vir Mooi Troues uitgestaan het was die braai en die spit-braai spyskaart.  Dit is iets wat jy nie by alle plekke kry nie en kan ‘n heerlike maaltyd wees vir jou gaste.

Jy hoef nie ver te gaan vir restaurant opsies nie.  Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa staan bekend vir hul heerlike vars gemaakte etes en puik diens.  Onthou om jou volgende romantiese aandete by Isiphiwo se Restaurant te bespreek.

Die Luukse kamers, Wittebrood suite en Luukse Villa het lugversorging, mini-bar en telefoon fasiliteite beskikbaar.  Gaste kry ook voorkeur wanneer hulle besprekings maak by die spa.  Van die kamers het onder-vloer verhitting beskikbaar.  Indien jy die fasiliteite benodig, maak seker jy vrae of daardie spesifieke kamers wel beskikbaar is.

Die moderne styl van die kamers is ‘n kontras teenoor die groen tuine en versorgde grasperke en landskappe van die pragtige hotel.  Ontspan in die rustigheid van die omliggende omgewing terwyl jy ‘n heerlike drankie geniet in die tuin of langs die swembad.

Fasiliteite beskikbaar op die perseel sluit in satelliet televisie en ook gratis koffie en tee fasiliteite in die kamers.   Twee swembaddens, binnehuis droogskoonmaker diens, versorgde tuine en bekroonde spa.

Word gepamperlang in Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa se bekroonde Spa.  Hulle behandelings en dienste sluit in: gesig-, hand-  en voet behandelings, Tande verwitting, Verjaarsdag- en Bruid- en Paartjies masserings pakkette.  Geniet net elke minuut daarvan en voel soos ‘n nuwe mens as jy klaar is met jou spa sessie.

Klik hier om Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa te kontak.  Jy kan hulle ook volg op Faceook, Instagram en Twitter.  Kyk na vorige troue se video’s deur hier te klik.  Indien jy vir jouself wil beleef hoe fantasties Isiphiwo regtig is, lees hulle.

Artikel Krediet:

  • Foto’s en teks verskaf deur Isiphiwo Boetiek Hotel, Venue & Spa