Ashley & Lindsey se verlowing

Liefde is liefde; en hul liefde vir hul tuisdorp was die inspirasie vir die fotosessie.  Liezel Volschenk het die ligging gekies en ons by Mooi Troues is absoluut verlief op die mooi uitsigte.

Ashley en Lindsey ken mekaar al van kleins af, soos die lewe gebeur het hul paaie geskei, maar gelukkig vir die die noodlot het hul paaie weer gekruis en kan ons met ons lesers hul liefde storie deel.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ashley: Ons het ontmoet toe ons seker so 10 of 11 jaar oud was terug in 1996.  Ons was albei op verskillende laerskole in Mosselbaai.  Ek het skole verander en het Lindsey by my nuwe skool ontmoet.  Ons was van kleins af baie goeie vriende.  Ons paaie het geskei op hoërskool.  Ons altwee is weg universiteit toe en een jaar het ons mekaar in ‘n boekwinkel in Mosselbaai weer raakgeloop.  Ons het begin gesels, saam gelag, weer begin saam kuier en dis toe ons, ons pad saam begin het.

Lindsey is vriendelik, ondersteunende persoon en ‘n mense-mens.

Lindsey: Hy is snaaks, geduldig en hy is werklik ‘n goeie mens.  Hy is ‘n introvert voor mense, maar hulle sal verbaas wees oor wat gebeur wanneer ons alleen is.  Ek is nie ‘n skaam mens, maar sommige oomblikke vind ek myself bloos vir alles wat hy doen.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ashley:  In 2012 het ek verhuis na Amerika om by ‘n oudit firma in New York te werk.  In 2013 vlieg Lindsey oor om vir my te kuier.  Ek tel hom toe op by die lughawe, maar hy was verskriklik stil op pad na my woonstel toe.  Hy het al die jare wat ek hom ken ‘n hangertjie met ‘n kruis om sy nek gedra.  Toe ons by die woonstel kom haal hy sy hangertjie van onder sy hemp uit en haal die ring daarvan af en vra my om te trou.  Dit was absoluut perfek.

Lindsey: Hy was n bietjie deurmekaar vir ‘n oomblik, ek kon dit sien en ek dink nie dit het dadelik geregistreer. Hy was baie deurmekaar.

Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?


Ashley: Ons altwee bly nou in Kaapstad, maar ons is nog altyd lief vir ons tuis dorp Mosselbaai.  Ons wonderlike fotograaf, Liezel Volschenk, het met die inspirasie vir ons verlowing fotosessie gekom.  Dit was perfek.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ashley:  Ons droomtroue vind plaas in Mosselbaai by Pinnacle Point Estate.  Ons spandeer ons dag met ons naaste vriende en familie met lieflike kos, lekker musiek en lekker drankies.  Ek dink Lindsey kan meer byvoeg.

Lindsey: Omdat dit beide families se eerste gay troue was, was dit belangrik dat ons vir hulle blootstel aan liefde, wat geen geslag sien.  Die natuur is vir ons baie belangrik, die venue het ons baie elemente van die natuur gegee.  Kleur skema was “pers, groen, wit en ‘n tikkie silwer.

Die seremonie was buite, dekor was wit en groen met die agtergrond van die natuur.  Ons het gebruik maak van Olyf boom blare as konfetti, dit het ‘n spesiale betekenis, dus hoekom dit gekies was.

Dekor, was geïnspireer deur die natuur maar ons wou dit eenvoudig en elegant hou. Pers was gebruik om die kleure te breek.

Die uitnodigings, koek en sand seremonie, het ek en Ashley se persoonlike kleure uit gebeeld.  Dit was al elemente wat verskillend was.

Diensverskaffers: