Willie & Wilmelee se smaakvolle strand troue

Willie en Wilmelee het voorwaar ‘n strand makietie gehad vir hul troudag.  Die troue wat plaasgevind het by die Weskus was gevul met unieke elemente soos ‘n Rolce Royce motor waarin die bruid gearriveer het en Jo Black as kunstenaar wat beide genoeg is om baie toekomstige bruide groen van jaloesie te maak.  Die paartjie se troue was ‘n pragtige dag gevul met kleure soos wit, ligte pienk en ligpers.  Let ook op hoe die bruidspaar krismis rose, wat heel toevallig perfek skakeer by die dekor, slim gebruik het tussen die groenigheid om kleur by te voeg tot die blomme rangskikkings. Wees ook seker om te kyk na die paartjie foto’s wat op die strand geneem is asook die familie foto’s waar hulle ‘n bankie uitgedra het tot op die strand om weer ‘n nuwe weergawe van die gewone strand fotosessie te wys.  Hierdie is beslis die tipe strand troue waarvan Mooi Troues hou en spesiale dank aan Silver Dune Photography vir die prentjie mooi kiekies!

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek het Willie deur my broer ontmoet, hy was sy beste vriend.  So aanvanklik was ons baie goeie vriende, maar ek onthou van die begin af het ek altyd vir al sy grappies gelag en was mal oor sy sin vir humor.  Ons was vir ‘n geruime tyd goeie vriende, voordat ons besef dat ons eintlik verlief was op mekaar.

Wat was die styl van die troue?


Ons albei is baie lief vir die see so Strandkombuis was perfek.  Ons strand troue was rustiek met ‘n sjiek gevoel, knus maar vars en modern, eenvoudig maar elegant.  Die kos wat deur Strandkombuis gemaak is, was hoofsaaklik seekos, ‘n sterk gunsteling van ons en het jou laat voel dat jy op vakansie was van ‘n eiland om Mosambiek.  Die meeste van ons gaste het van Gauteng af gekom, en die hele naweek het groot opwinding en entoesiasme in die lug gehad.  Ons het gedans, ons het gesing, ons het die absolute fees gehad!

Was julle met wittebrood?


Ons het Italië en Duitsland besoek.  In Italië het ons tyd in Rome, Florence, Venesië en Bolzano spandeer.  In Rome, wat ons gunsteling stad was, het ons ‘n rooi Vespa gehuur en baie pizza, pasta en wyn gedrink.  In Duitsland het ons “troue crashers” gehad, twee van ons beste vriende Nikla & Helene wat tans in Europa werk.  Hulle het tyd saam met ons in München spandeer, dit was ‘n hoogtepunt van die reis omdat hulle nie by die troue kon aansluit nie en ons verlang na hulle vreeslik baie!

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ek sou vroeër in die dag trou om die dag langer te laat voel want dit gaan regtig vinnig verby.

Advies wat julle aan ander paartjies wat nog besig is om hul troue te bepan?


Moenie stres oor dinge op die dag wat buite jou beheer is nie, geniet die dag en neem net alles in.  Wanneer dit kom by familie foto’s gee ‘n lys vir iemand om te help die proses koördineer want alles is baie oorweldigend net na die seremonie.  Begroot om oor jou oorspronklike begroting te gaan, daar is altyd onvoorsiene uitgawes.

Wat was julle trou begroting?


Die oorspronklike begroting was R180 000 en op die einde was dit R210 000 vir alles van kos tot my trou rok.  Wat ons verkeerd gedoen het ons het gedink ons gaan 140 gaste nooi en 120 gaan R.S.V.P en toe op die einde kan almal kom en die wat die week voor die troue kanselleer het, het ons toe in elk geval reeds voor betaal.

Diensverskaffers: