Tropiese strand gestileerde fotosessie

‘n Kreatiewe span het bymekaar gekom en ‘n ongelooflike mooi gestileerde fotosessie bymekaar gesit en ons is opgewonde om dit vandag met Mooi Troues se lesers te deel.  Die fotosessie het op ‘n afgesonderde strand gebeur met beeldskone en aantreklike modelle, wat self ‘n paartjie is, en die elemente van Bali en tropies was ingebring.  Dit is perfek vir die somer vakansie en ons by Mooi Troues weet dat ons lesers versot sal wees op die fotos.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek het besluit om enkellopend te bly terwyl ek op skool was, Zacro is 2 jaar ouer as ek, hy is ‘n baie goeie atleet en het ‘n fantasties liggaam wat almal opgelet het, veral ek.  Ek het hom baie aantreklik gevind, maar ons het nie ‘n enkele woord met mekaar gedeel nie, maar ons het albei geweet van mekaar se bestaan, synde ons in dieselfde skool was.

Ek was in die model-bedryf en het ‘n onverwagse oproep van hom ontvang, hy wou meer uitvind oor model agentskappe.  Na dit het hy my begin help met skoolprojekte , ons het vriende begin raak en voordat ons dit besef het was ons verlief.

Ons het ‘n rein verhouding met respek en ons voel geseënd om mekaar in ons lewens te hê.

Vertel ons meer van jul verlowing?


Dit was vir die fotosessie wat ons gevra is om met Sylvia te doen van Yes Exclusive Weddings and Events waar sy ‘n paartjie nodig gehad het, so ons het besluit om dit te doen.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die fotosessie was ‘n reuse verrassing op ‘n Bali bed wat gebring was na Glentana strand, gereël deur Yes Exclusive Weddings and Events.  Die idee van dit was om te wys hoe mooi natuurskoon lê in ‘n asemrowende Bali bed gevul met blomme op ‘n afgesonderde plekkie op ‘n sanderige strand.

Vertel ons meer oor jul droom troue?


My droom troue…Ek weet nog nie presies nie, maar ek kan my self indink dat dit baie natuurlik..’n strandtroue…miskien soos die fotosessie net met al my familie en vriende

Diensverskaffers: