Raymond & Shelby se mooi Karoo-troue by Bon Cap

Raymond en Shelby se droomdag by Bon Cap venue was hul eie sprokies verhaal.  Lees onder hoe die twee wat tydens ‘n see vakansie ontmoet het toe uitgedraai het om meer as net vriende te wees.  Hierdie paartjie het praktiese maniere gekry om hul pryse te verlaag byvoorbeeld deur droë voëltjie neste te gebruik in die dak as dekor en donuts as plaasvervanger vir ‘n troukoek te hê op die aand.  Sodoende het hulle nie net minder spandeer as beplan nie, maar het hulle ‘n kreatiewe troue gehad wat steeds klassiek en elegant was – beslis ‘n paartjie om van te kan leer!  Moet ook nie hierdie pragtige paartjie-foto’s misloop wat geneem is in die buitelug nie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het mekaar ontmoet op 28 Desember 2012 in Struisbaai.  Raymond was deur ‘n vriend saam gesleep na die huis waar ek en my vriendinne gekuier het.  Ons was onmiddellik gemaklik met mekaar en het ‘n baie goeie vriendskap ontwikkel na die vakansie.  Dit was eers ‘n jaar en ‘n half later toe Raymond besef het hoe hy oor my voel, hy het nie geweet of ons vriendskap bederf gaan word deur om oop te maak teenoor my nie, maar hy het die kans gewaag.  Kort daarna was ons in ‘n verhouding.

Die eienskap wat vir my tot Raymond aangetrek het is sy mooi glimlag en dat hy ‘n mens altyd gemaklik laat voel.

Raymond het gehou van my spontane persoonlikheid en sag geaardheid. ‘n Plus punt vir ons al twee was dat ons beste vriende klaar was en dit was vir ons baie belangrik om ‘n verhouding op dit te bou.

Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Ons het Bon Cap gekies as gevolg van Michelle se gasvryheid en gemoedsrus wat sy ‘n mens bied sodra jy by Bon Cap instap.  Ons het sommer dadelik geweet dis die venue vir ons.  Ons styl was ‘n natuurlike en klassieke-romantiese winter affêre, met feetjie liggies en droë voël neste as dak dekor.  Pinterest was meestal gebruik vir inspirasie.

Was julle met wittebrood?


Ons het die Sondagaand by Copia geslaap in Botrivier.  Die Maandag was my verjaarsdag en toe verras Raymond my met vliegtuigkaartjies Singapoer en Bali toe.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ons het gedink ‘n videograaf was nie nodig nie, maar as ons nou terug kyk sou dit lekker gewees het om ‘n videograaf te hê om al die oomblikke vas te vang.

Advies  aan ander paartjies  wat besig is om hul troue te beplan?


Moenie te veel jou ore uitleen nie.  Beplan die troue hoe julle dit wil hê, dit is julle dag.  Doen goeie navorsing voor julle ‘n besluit neem oor iets – Daar is baie goeie waarde vir geld daar buite ‘n mens moet net mooi soek.

Wat was julle trou begroting en hoeveel het julle troue op die einde gekos?


Ons het begroot op R100 000, maar ons het heelwat kostes bespaar en ver onder ons begroting ingekom.

Diensverskaffers: