Ons gesels met Charl van der Merwe Photography

Ons gesels met Charl van Charl van der Merwe Photography, Limpopo gebaseerde fotograaf, en ons by Mooi Troues is opgewonde om meer van die ou agter die kamera te leer ken.

Ons het al ‘n hele paar van Charl se werk gedeel op Mooi Troues en ons beveel ons lesers aan om hier te klik om na meer van Charl van der Merwe se werk op Mooi Troues te sien.

Hoe het jou besigheid begin?


My liefde vir fotografie het begin op ‘n redelike jong ouderdom, dit het eers begin by diere en natuurskoon en eers later verwikkel na mense en dit is waar my liefde vir paartjies en troues ontwikkel het!  Ek was by ‘n troue in die diep-kant ingegooi, ek sou net in die agtergrond ‘n paar foto’s neem en toe daag die regte fotograaf nie op nie.  Dit is maar waar alles begin het.  Ek het eers amptelik in 2014 my besigheid professioneel begin, alhoewel ek al lank voor dit begin foto’s neem het.

Lewer jy net foto dienste of videografie dienste ook?


Ek lewer slegs foto dienste, maar het videograwe saam wie ek graag werk en beveel hulle graag aan vir my kliënte!

Lewer jy landswyd dienste of net in jou area?


Ek is daar waar ek benodig word.  Dit is vir my lekkerder om te reis en ander, nuwe plekke te sien in ons mooi land.

Watter foto’s is jou gunsteling om te neem en hoekom?


My gunsteling deel van ‘n troue is die kos.  Hahaha!  Nee, ek grap net, maar ek hou van lekker eet 😉

Ek hou baie van die paartjie fotosessie deel.  Hier is waar die paartjie vir die eerste keer op hulle spesiale dag “alleen” is, tenspyte van die feit dat ek om hulle is, maar dit tel ook.  Dit is vir my lekker om te sien hoe die liefde blom in hierdie tyd, dan is ek mal oor die onthaal deel, dit is vir my die tyd wat ek die paartjie beter leer ken, deur die stories wat vertel word tydens die toesprake en hoe die gaste optree tydens seker situasies.  Dit is vir my lekker om al die aspekte bymekaar te sit en dan die groter prentjie te sien van my kliënte.

Wat maak jou dienste uniek?


Ek weet daar is baie fotograwe in die industrie en die kompetisie is enorm.  Ek hou daarvan om op ‘n professionele vlak betrokke te raak in my kliënte se dag en so veel moontlik persoonlik betrokke te raak.  Ek streef daarna om vir my kliënte ‘n diens en produk te lewer waarop hulle kan trots wees.  Ek sal my styl van fotografie as stylvol, romanties en tydloos beskryf.

Watter aspek het jou aangetrek tot fotografie?


Ek was definitief aangetrek tot troues oor die vreugde, geluk en romanse wat deel vorm van ‘n troudag en om almal se unieke persoonlikhede voor die kamera te kan sien!

Artikel Krediet