Mathys & Isabella se troue omring met fantastiese argitektuur

Mathys en Isabella ken mekaar al van kleins, maar het eers later agter gekom dat hulle mekaar eintlik baie beter wil leer ken.  Die twee se troue was ‘n pragtige aand gevul met interessante elemente soos papier blomme en wit gespuit geverfde proteas op die tafel.  Hul dekor was eenvoudig maar treffend aangesien die blomme een-een gebruik is in plaas van ‘n bos blomme, beslis iets om ingedagte te hou as jy hou van ‘n minimalistiese styl vir jou groot dag.  Kyk ook na die paartjie-foto’s onder wat van ‘n ander verder hoek geneem is as die gewone portret foto’s wat so algemeen gesien word.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons ken mekaar eintlik van kleins af, maar het ernstig begin vlerk sleep by een van Mathys se vriende se troues in 2009.  Dit was veral nadat Isabella opgemerk het dat Mathys eintlik ‘n baie aantreklike man geword het met die tyd, dat haar hakskene bloedrooi geword het.

Wat was die styl van die troue?


Ons het nie ‘n spesifieke styl gehad nie, dit was so eenvoudig en natuurlik as moontlik.  Ons het by Forum Homini Hotel in Muldersdrift die knoop deur gehaak.  Dit was ook die plek waar Mathys en Isabella hul eerste romantiese ete gehad het.  Fantastiese argitektuur, mooi veld, goeie rooi wyn, Spoegwolf se musiek en vure wat brand het die aand saam met ons vriende en familie laat ontaard in towerkuns.

Was julle met wittebrood?


Ja, ons het heerlik wittebrood gehou in Phuket, Phi-Phi Eilande en Koh Samui.  Dit is vir seker ‘n goeie kombinasie van avontuur, romanse en groot partytjie!

Advies wat julle aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Deel die gastelys in die helfte en waak daarteen om gaste te nooi vir doeleindes van gerusstelling!

Wat was julle trou begroting?


Ons trou begroting was R300 000 gewees.

Diensverskaffers: