Koos & Chandré se plaas verlowing

Ons deel vandag Koos en Chandré se verlowing fotosessie met jou.  Die prag paartjie het verloof geraak op 25 April 2017.  Vir hulle verlowing fotosessie wou hulle iets eenvoudig moontlik, maar mooi hê.  Veral omdat dit die paartjie se heel eerste fotosessie saam was, wou hulle nie dit onnodige kompliseer nie.  As dit hulle eerste fotosessie was, kan ons nie wag om die trou foto’s te sien nie.  Koos en Chandré wou dat die verlowings fotos hulle twee weerspieël.  En soos almal hulle ken is hulle plaas mense.  Hulle het nie regtig geweet wat om te verwag nie maar op die ou end van die dag was dit ‘n aangename ervaring en hulle fotograaf het hulle die hele tyd op hul gemak laat voel met al sy grappies en stories.

Baie paartjies is bang om ‘n verlowing fotosessie te doen, maar ons by Mooi Troues moedig paartjies aan om ‘n verlowing fotosessie te doen.  Dit maak jou meer gemaklik voor die kamera en dan voel jy nie so tens op jou troudag nie.  Lees meer oor Koos en Chandré se verlowing onder.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het in 2013 deur gemeenskaplike vriende ontmoet en begin te kuier.  Ons het ‘n paar keer saam na goed toe gegaan maar ons verhouding met mekaar het nooit na meer as vriende gegaan nie. Ons het maar altyd kontak gehou met mekaar, deur slegte tye was Koos maar altyd daar, en het hy maar altyd ‘n skouer gebied.  In 2015 begin ons weer bietjie te gesels en opvang, en begin toe die een na die ander funksie saam by te woon.  Ons het maar net besef ons altwee hou baie van mekaar en is altwee aangetrokke tot mekaar.  Eintlik het dit net gebeur….ons was net dol verlief.  En soos hulle sê “Die res is geskiedenis”.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ons verlowing was iets vir die boeke…nou nog as ons iewers kom en iemand loop ons raak na die verlowing praat almal net oor ons verlowing.  Dit was baie spesiaal.  Ek het een middag na werk uit plaas toe gery na ‘n besige dag, by die huis gekom by sy male en gevra of sy ma bietjie tee wil drink, en ek het die ketel aan gesit en met haar gesels.  Koos het ‘n oproep gekry van sy voorman wat toe vra dat Koos moet gaan help by die spilpunt wat nie wil loop nie.  Na ‘n gekerm en kla, want “Hoe kan die voorman nou nie die ding reg kry nie?” het ek saam met hom gery lande toe waar die spilpunt glo nie reguit loop nie.  Ek het gekyk en gekyk maar vir my was daar niks verkeerd met die spilpunt nie….maar wat weet ek nou van spilpunte af.  Koos het so ent in die land gestap en weer uit gekom omdat hy nie die fout sien nie.  Ek het gevra of ek gou saam hom moet loop dan help ek kyk, vir wat dit werd is en hy se toe ja laat ek maar gou saam loop.  Ek loop toe voor tussen deur die mielies, met my kop af want al die mielie blare gaan deur my gesig.  Toe ek voor kom is daar ‘n hele tafel gedek met liggies en kerse, en blomme en toe ek omdraai, om hom te vra maar wat is die?  Toe sak hy af en vra my of ek met hom sal trou.  Ek was so uit die veld geslaan, ek het nie geweet wat om te sê nie.  Dit was ongelooflik spesiaal.  Met ‘n hele tafel gedek vir my en hom, eet goedjies, sjampanje, wyn, liggies aan die spilpunt en ‘n video kamera wat die hele aksie op kamera vas gele het.  Koos het in planttyd besluit hoe hy my gaan vra, en reeds ‘n stuk in die land nie geplant nie sodat die stuk sal oop wees en skoon is as hy my wil vra.  Die spilpunt was reg oor daardie stuk gestop sodat al die liggies aan die spilpunt kan hang.  Koos het my op die plaas in die lande gevra omdat dit is waar sy hart lê, in die boerdery.  Na dit is ons terug huis toe waar my male en sy male almal ons verras het met ‘n ete en sjampanje om die verlowing te vier.

Vertel ons wat is jul droom troue?


‘n Groot “boere” troue met al ons vriende en familie en mense wat ons ken wat ons graag op ons groot dag wil hê.  Ons trou in die dorp in ‘n ou klip kerk en die onthaal sal dan op die plaas in ‘n groot stoor plaas vind.  Ons soek lekker kos en lekker musiek sodat die mense lekker kan eet en lekker kan saam kuier tot die son op kom.  Ons wil nie graag by ‘n onthaal plek trou waar jy beperk is tot die hoeveelheid mense wat jy mag nooi en beperk is tot hoe laat jy kan troue hou nie.  Ons wil graag op ons groot dag saam almal kuier wat van ver af kom en net ons groot dag geniet

Artikel Krediet: