Shaun & Charise se verlowing in die middestad van Kaapstad

Shaun en Charise het daardie tipiese liefde met die eerste oogopslag ontmoeting gehad en dadelik geweet hulle is bedoel vir mekaar, hulle het ook sommer gou ‘n paartjie geword daarna.  Die twee se fotosessie is werklik iets besonders en wys presies hoe mooi ons Moederstad, Kaapstad, is.  Die paartjie wou graag ander tipe foto’s neem as hul gewone natuurskoon foto’s en het daarom besluit op die stads geïnspireerde fotosessie wat die perfekte balans tussen geposeerde foto’s en natuurlike interaksie gehad het.  Gaan kyk gerus onder as jy ook inspirasie soek vir ‘n soortgelyke fotosessie.  Lees beslis ook hul ontmoetings verhaal as jy mal is oor ‘n liefdesverhaal wat heel toevallig gebeur het.

Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe trek jul aan tot mekaar?


Ek en Shaun het toevallig ontmoet deur familie een Saterdag oggend, ons het dadelik geweet dat daar iets anders, iets spesiaal was tussen ons.  Shaun was op pad Johannesburg toe om vir iemand anders te gaan kuier, maar het kanselleer nadat ons ontmoet het.  Ons eerste ontmoeting het geëindig met ons eerste soen aan die einde van die aand.  Ons het net geweet hierdie is ons “vir altyd”.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Op ons toer na Mosselbaai toe het ons vir ‘n paar dae by my Oupa en Ouma gekuier waar Shaun my Oupa gevra het of hy met my mag trou.  Tussen Somerset-Oos en Mosselbaai het ons besluit om iewers oor te slaap.  Ek het ‘n plekkie in Knysna geboek en ons het daardie aand verloof geraak tussen die bome met kerse op ons stoepie.  Min het ek geweet dat Shaun die hele pad met die ring in sy rugsak rond gery het, met geen vaste plan waar, wanneer of hoe hy my gaan vra nie.  Die oomblik was net perfek.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Wie wil nie ‘n fotosessie in Kaapstad se middestad doen nie? O ns wou iets anders as die gewone strand of bos fotosessies doen, nie dat dit nie mooi is nie, maar omdat ons iets anders wou hê om teen ons mure te hang.  Dit beeld ons verhouding so mooi uit.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons het besluit op ‘n intieme troue in Pretoria-Oos met slegs ons naaste familie en vriende.  As ek my sin gekry het sou ons ‘n wegloop troue in die Kaap gehou het met slegs die dominee en ‘n fotograaf, maar Shaun het gewen.


Diensverskaffers: