‘n Woud fee-verhaal

Paartjies sê dikwels dat hul groot dag so vinnig verby gegaan het en hulle wens dat dit net nog ‘n paar uur langer kon aangehou het.  Tydens hierdie fotosessie wou die fotograaf spesifiek fokus op die bruid en bruidegom omdat dit eintlik is waaroor ‘n troudag gaan – die belofte tussen twee mense om altyd lief te wees vir mekaar.  Die bruid en bruidegom het pragtig gelyk en perfek ingeskakel by die bos-agtergrond waar die fotosessie gehou is.  Die rok was sag en vroulik, let ook op die mooi afwerkings op die rok se bo-stuk wat elke bruid fyn en vroulik sal laat voel.  Die bruidsruiker sluit ook perfek aan by die hele prentjie omdat dit nie die tradisionele ryker is wat ‘n stywe formele gevoel het nie, maar ongestruktureerd is, beslis iets om na te kyk as jy ‘n stywe, formele gevoel wil vermy tydens jou troudag.

Wat was jul inspirasie agter die fotosessie?


Ek wou eerstens op die bruid fokus, in die paar stil oomblikke voordat sy een van die belangrikste stappe in haar lewe neem – daar is iets so pragtig aan die bruid portrette.  Ek vind ook inspirasie in die natuur, en het besluit om vir die paartjie se fotosessie ‘n tema wat beide romanties en eteries is te skep, met ‘n agtergrond van woudagtige natuurskoon.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Om in samewerking met mede diensverskaffers in die omgewing te werk.  Ek is baie dankbaar vir die talentvolle dames wat betrokke was by die geleentheid.

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotosessie is deur myself, Tanith Muller Photography, gereël.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dit was wonderlik om met ‘n paartjie te werk, wie in die regte lewe ook saam is, die oomblikke was romanties en outentiek, en dit dra by tot die gevoel wat deur die fotos oorgedra word.  Ek is ook lief vir die middag se ‘goue uur’ lig, dit was so mooi.


Diensverskaffers: