‘n Tydlose gestileerde fotosessie

Hierdie gestileerde fotosessie het werklik presies die tema uitgebeeld wat ingedagte was – tydlose elegansie gemeng met hedendaagse mode. Die fotosessie is inspirerend en het ‘n sagtheid wat alle bruide graag wil uitstraal op hul eie troudag.  Die grimering, eenvoudige juweliers bykomstighede en ruikers rond die prentjie perfek af tesame met die rok keuses.  Die twee verskillende style van die rokke wat gebruik word verseker ook dat jy inspirasie uit hierdie fotosessie kan put ongeag wat jy ingedagte het vir jou trourok.  Ons hoop julle voel so geïnspireerd hierna soos wat die Mooi Troues span het!

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


‘n Kombinasie van moderne mode en tydlose, klassieke styl was ons inspirasie agter die fotosessie.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die diensverskaffers deel almal ‘n soortgelyke filosofie.  Hulle smaak en styl kan ek met my eie vereenselwig – daar is altyd ‘n fokus op die mooi in elke mens, plek en situasie en dit word ook in elkeen se werk beklemtoon.  Ons is almal passievol oor wat ons doen en spandeer baie tyd om te verseker dat daar aan die klein besonderhede aandag gegee word.  Ek dink dis grotendeels oor ons dieselfde groter prentjie in gedagte het, dat ons so goed saamwerk.

Wie het die fotosessie gereël?


Alicia Buckle School of Hair and Make-up.

Wat was vir jul die spesiaalste deel van die fotosessie?


Toe ek die foto’s ontvang het!  Nou kon ek vir die eerste keer my idees, wat ek slegs in woorde kon probeer beskryf, op ‘n prentjie sien.  Dit het al my verwagtinge oortref!  Maar dit is seker die uitkoms as mens met sulke talentvolle kunstenaars werk wat jou gedagtes lees en hart verstaan.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Tydloos en klassiek, maar steeds modern. Wees op hoogte van die nuutste giere en tendense, maar fokus op dit wat jóú spesifieke styl pas en gemaklik laat voel.


Diensverskaffers: