Luke & Katie se strand troue by Blue Bay Lodge

Luke en Katie het ‘n pragtige strand troue gehad by Saldanha waar Katie haar grootword jare spandeer het.  Hulle het elemente soos olyf stokke inkorporeer by die blomme om hul professies, wat sjefs is, uit te beeld en die troue eie aan hulself te maak.  Dit was ‘n pragtige geleentheid wat by Blue Bay Lodge gespeel het met blomme wat hang bo die tafels in plaas daarvan om die tafels oorvol te maak met ruikers wat daarop staan.  Let ook op hoe die bruid se trourok perfek was vir ‘n strand troue omdat dit nie te gestruktureerd was nie, maar gemaklik genoeg om op die strand te baljaar vir ‘n fotosessie.  Kyk onder na die paartjie se pragtige foto’s op die strand, hulle lyk so gelukkig dat jy self ook sommer wil glimlag!  Gaan kyk gerus ook na hul troudag video onder wat perfek die dag se geluk en liefde vasgevang het van begin tot einde.

Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe lok jul na mekaar?


Ons het agt jaar gelede ontmoet by die One & Only Hotel in Kaapstad, beide van ons het gewerk in dieselfde restaurant.  Dit het ‘n paar maande geneem voor ons mekaar gesien het omdat beide van ons in verhoudings was op daardie stadium.  Kort daarna het ons mekaar begin sien en het nooit terug gekyk daarna nie.  Die kwaliteite wat ons tot mekaar aangetrek het was ons passie en liefde vir kos asook ons soortgelyke familie waardes.

Wat was die styl van julle troue?


Die venue wat ons gekies het was Blue Bay Lodge in Saldanha omdat my pa se familie daar woon en ons so baie vakansies daar spandeer het tydens ons grootword jare.  Die venue is by die see en het ‘n natuurlike fynbos landskap gehad wat ons graag wou inkorporeer deur die hele troue se dekor. Ons het ‘n familie-styl spyskaart gehad en moes daarom die dekor op die tafel baie minimalisties gehou het.  Ons wou graag die olyf takkies inkorporeer in die dekor as gevolg van ons sjef-agtergrond en liefde vir kos.

Was julle op wittebrood gewees?


Ons wou die wittebrood ‘n geheim hou en daarom het Luke alles beplan.  Hy het my op ‘n kos-verkennings reis geneem deur Italië en Frankryk, dit was ongelooflik!

Wat sou julle verander as julle kon?


Absoluut niks, dit was ‘n ongelooflike dag gevul met herinneringe wat ons verewig sal kan koester.

Watter advies het julle aan ander paartjies wat hul troue beplan?


Moenie stres oor die klein dingetjies wanneer julle die troue beplan nie, dit is net een dag, jou vriende en familie sal almal bymekaar kom om te help indien dit nodig is.  Aanvaar ook die hulp, julle kan dit nie alleen doen nie.  Die dag gaan ook ongelooflik vinnig verby, probeer om alles in te neem op die dag en neem ‘n oomblik om as paartjie die dag in te neem en alleen daaroor te gesels.

Wat was jul begroting en het jul daarby gehou?


Ons het rondom R350 000 spandeer aan die troue.


Diensverskaffers