Kontras tussen Tropies & Karoo gestileerde fotosessie

Mooi Troues en Vivid Blue Photography het elk ‘n intern gekry van The Aleit Academy en as ‘n finale projek moes hul ‘n gestileerde fotosessie beplan.

Lariska het by Vivid Blue Photography haar internskap gedoen en Christell by Mooi Troues.  Ons het die twee se kreatiwiteit getoets en opgekom met ‘n kontrasterende tema van Tropies en Karoo.  Hulle het Bosjes as venue gekies vir die unieke kapel en Karoo gevoel van die omliggende areas.

Christell en Lariska moes self die diensverskaffers ‘n voorlegging gee en oorreed om aanboord te kom aan die interessante tema.  Beide Christell en Lariska het hul taak uitstekend gedoen.  Hulle het met verskeie diensverskaffers kontak gemaak en self geleer wat diensverskaffers inruil wil hê vir hul dienste en produkte.

Ongelukkig het alles nie seepglad verloop soos beplan nie en op die dag het die modelle nie opgedaag vir die fotosessie nie en moes Christell en Lariska op laaste minuut reëlings tref.  Dit het toe so gebeur dat Lariska voor die kamera is in plaas van agter die kamera en het ons Jaun van Mooi Troues se sussie, wat gelukkig saam gekom het, ingewy om modelle te wees.  Lariska en Twané was albei onverwags gevang en het glad nie die oggend opgestaan en gedink vandag hou hul, hul lyf model nie.

Ongelukkig het tyd teen André van Vivid Blue Photography gespeel en kon hy nie fotos kry om die karoo elemente van Bosjes se area op kiekies te kry nie.  Ons hoop wel ons lesers kan die fotosessie indink in die Karoo.

Suzanne van Skoonlief het Lariska en Twané beeldskoon laat lyk deur hul grimering en hare te doen.  Die dames was baie op hul senuwees en Suzanne het ‘n fantastiese werk gedoen om hul moed in te praat en hul senuwees te kalmeer.

Lariska het in ‘n klassieke wit trourok met mooi detail van The Perfect Match poseer terwyl Twané in ‘n ligblou rok met goud detail van Rene H Couture poseer het.

Die konsep van Tropiese Karoo, was baie mooi saam gebring met blomme van Paradiso Flowers in Somerset-Wes en die skryfbehoeftes van Blooming Wonderful Stationary het elemente van Karoo en Tropies plante gehad.

Die troukoek met die sagte pienk marmer afwerking was voorsien deur Eila Cakes.

Dekor items was verkry van verskillende verskaffers en het die konsep vreeslik mooi afgerond.

Ons by Mooi Troues hoop jul vind inspirasie in die fotos hieronder en gebruik van die elemente sou jul ‘n troue in die Karoo beplan.

Inspirasie vir die fotosessie?


Ons wou graag ‘n fotosessie reël wat ‘n wye verskeidenheid mense sal lok en het daarom twee baie geliefde tema’s, Karoo en Tropies, gekombineer om ‘n nuwe tema te vorm. Ons wou iets doen wat nog nie vantevore gewys is nie en het gedink dat hierdie die perfekte idee was aangesien die twee temas in teenstellings is met mekaar, maar nou op ‘n nuwe wyse ten toon gestel gaan word om die leser te inspireer.

Vertel meer oor die tema vir die fotosessie?


Karoo en Tropies is twee temas wat baie geliefd is onder die publiek en ook heeltemal in teenstelling is met mekaar. Die twee tema’s is gekombineer om ‘n nuwe tema te vorm genaamd tropiese karoo. Ons wou blomme en groenigheid gebruik soos “delicious monster” blare en droë elemente soos lig plante om die twee tema’s oftewel areas uit te beeld en ‘n sterk konstras te vorm wat tog saamwerk op ‘n tafelrangskikking. Ons het besluit om goud en ‘n vuil pienk tesame met grys te gebruik as ‘n kleurskema omdat die kleure mooi aangesluit het by die dowwe kleure van die Karoo plante sowel as die helder groen kleure van die tropiese groenigheid.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Omdat hierdie ‘n “vreemde” konsep is wat nog nie vantevore eintlik gesien is nie, wou ons graag saamwerk met ervare diensverskaffers wat ons gedink het die tema mooi sal kan uitbeeld en bekend is vir hul goeie eind resultate. Ons het die venue spesifiek gekies omdat dit nog relatief nuut is en nog nie baie mense die kans gekry het om daar ‘n fotosessie te hou nie, dus het dit perfek aangesluit by die tema wat ook nuut en ongewoon is.

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotosessie is gereël deur interne van The Aleit Academy, Lariska namens Vivid Blue Photography en Christell namens Mooi Troues spanne.

Diensverskaffers: