Brendan & Nerishka se sonsopkoms verlowings foto’s

Brendan en Nerishka het verloof geraak met ‘n sonsondergang en wou hul verlowing vier met ‘n sonsopkoms fotosessie en Michelle Kalp was reg om die oomblikke op kiekies vas te vang.  Die foto’s is pragtig en natuurlik sonder om net soos ‘n alledaagse fotosessie te lyk.  Die paartjie gaan beslis net so ‘n mooi troue hê as wat hul verlowings foto’s is.  Kyk onder as jy meer van die pragtige paartjie se strand verlowings foto’s wil sien, hulle het dit selfs gewaag om vir ‘n tydjie in die water ook foto’s te neem!

Hoe het julle ontmoet?


Brendan was my “blind date” na ‘n troue van ‘n universiteit vriendin.  Die metgesel was gereël deur my koshuis vriendin wat hom leer ken het deur haar kêrel.  Die aand het ons bitter lekker gekuier, gelag en gedans.  Van daar af het ons net geklik.

Vertel ons meer van julle verlowing?


‘n Lang verdiende vakansie het verander in ‘n verlowing.  Op ‘n langnaweek weg na Dullstroom het ons laatmiddag ‘n perd rit deur die mooi forel plaas, Valley Of The Rainbow, gehad.  Die perde het ons gelei na ‘n pragtige piekniek langs die damme wat die opsigters vir ons gereed gehad het, die piekniek was blykbaar ingesluit by die naweek pakket.  Voor ek my kon kry het Brendan op sy een knie gesak en vir my die groot vraag gevra. Ons het die mooiste sonsondergang gekyk met ‘n glasie vonkelwyn in die hand.

Vertel ons die inspirasie van die verlowing fotosessie?


Ons het klaar die sonsondergang gehad nou was dit tyd vir die sonsopkoms.  Ek en Brendan glo dis die mooiste tyd van die dag en wou baie graag die strand en sonsopkoms vasvang in ‘n spesiale oomblik.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Een vol vreugde en blydskap saam met die spesiale mense in ons lewe. Een met ‘n lang aand en ‘n groot dansvloer.

Diensverskaffers