Bernard & Elmine se natuur en eenvoud verlowing

Bernard en Elmine ken mekaar so goed as wat jy kan wanneer jy saam ingenieurs take moes aanpak. Die twee het ontmoet op Stellenbosch as studente en beweeg nou saam die volgende fase van hul lewens in. Hulle het die natuur as inspirasie vir hul fotosessie gebruik en is ook opgewonde om hul troue te beplan – beide weet al klaar wat die ander een se droomtroue sal wees! Kyk onder na hul unieke foto’s en lees ook oor hul oulike verlowings storie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Tydens ons meesters studies het ons ontmoet by die Elektries en Elektroniese Ingenieursdepartement op Stellenbosch. Ons het nagraadse klasse saam gehad en so het ons mekaar stadig maar seker al beter leer ken. Jy ken iemand eers werklik nadat jy ‘n “patch antenna” saam met hulle moes bou.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ons was vir die dag Kaappunt toe. Bernard het die ring in sy rugsak weggesteek, toegedraai in sy trui. “Ek besef nou hy was besonders avontuurlustig daardie dag en sou enige iets doen om ‘n privaat piekniek plek te vind” Ons het na ‘n redelike soektog uiteindelik ‘n uitkykpunt gevind. Reg langs ‘n kloof met net ‘n dassie as geselskap. Dit was perfek.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Natuur en eenvoud.

Vertel ons wat is jul droom troue?


“Bernard se droom troue sal iewers op ‘n rots in die Cederberge wees…. Maar hy sal oorleef solank daar lekker kos en baie wyn is.” – Elmine “Elmine sal gelukkig wees solank daar lekker musiek, lekker mense en genoeg soetgoed is… of net genoeg soetgoed” – Bernard


Diensverskaffers: