Beplan Jou Troue 10 Van 12

Ons het verlede maand die neënde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand tien van twaalf.  Met ander woorde drie maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue. Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Fotograaf en Videograaf geboek het
  • Trou-gevolg gekies het
  • Versekering
  • Gastelys finaliseer het
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het
  • Begin verblyf geboek het vir die bruidspaar en ook gaste.  Onthou hoe vroeër jy plek boek hoe goedkoper sal die prys wees.
  • Wittebrood begin beplan het
  • Trou Offisier/Amptenaar geboek het
  • ‘n Verhuring besigheid:Ingedagte het in die geval dat jul self die trou dekor doen en beplan.
  • Spyseniering:Begin proe en heel moontlik geboek het
  • Beligting en elektriese benodighede.
  • Grimering- en Haarstilis geboek.
  • Grimering-en Haar proefloop
  • Kyk na verskillende Skryfbehoefte ontwerpers
  • Spaar die datum kaartjies uitgestuur het
  • Vermaak vir buitelandse gaste
  • Verlowing fotosessie
  • Vervoer vir jou gaste
  • Seremonie besonderhede bevestig het
  • Ontmoet met julle trou-offisier
  • Kies die persone om seker rolle te vul
  • Dans-klasse bespreek as jy nie kan dans nie
  • Begin dink het aan musiek vir die onthaal
  • Skryfbehoeftes gefinaliseer
  • Spyseniering en spyskaart gefinaliseer
  • Paspoorte en Visa’s vir Wittebrood nagegaan
  • Besluit op Troukoek
  • Besluit het op al jul diensverskaffers
  • Die Bruidegom se pak gekies het
  • Die Bruid se bykomstighede uitgekies het
  • Trouringe moet al gefinaliseer wees en beter nog al gekoop gewees het.
  • Gaste geskenke moes al klaar beplan wees
  • Trouregister:  Dit moet al teen die tyd na die gaste gestuur wees sodat hul jul geskenk vroegtydig kan koop of tenminste kan begin spaar vir dit of onder mekaar reël om gedeeltes van ‘n item te betaal.

BESTEL JOU TROUKOEK:

Soos genoem in ons vorige artikel.  Teen die tyd moes jy al besluit het watter troukoek jy graag wil hê en wie jou koek maker moet wees.  Dit is nou die perfekte tyd om jou troukoek te boek en bestel.


STUUR UITNODIGINGS:

Jy sal heel moontlik al klaar al jou skryfbehoeftes gefinaliseer het.  Stuur jou uitnodigings uit aan al jou plaaslike gaste as jy nog nie jou uitnodigings uitgestuur het nie.  Dit is normaal om gewoonlik die uitnodigings te stuur na jou gaste so drie maande voor die tyd.  Maak seker jy sluit ook in ‘n padkaart en kontak besonderhede van die plek waar julle trou.  Uitnodigings kan gedruk of digitaal wees.  Albei is ewe oulik.


KYK NA JOU TROU DEKOR:

Indien jy gebruik maak van ‘n trou-koördineerder, maak seker dat jy nou begin dink daaraan om ‘n voorskou te kry van jou trou dekor.  Met ander woorde ‘n tafel met al die verskillende dekor elemente insluitende die blomme, tafel en stoele alles by die tafel.  Dit sal jou ‘n beter idee kan gee of die prentjie wat jy ingedagte gehad het wel in realiteit sal kan werk.

As jy die dekor self doen.  Maak seker jy huur die dekor items en vrae jou bloemis om dalk op die dag ook sommer die voorskou blomme te maak.  So weet jy of alles by mekaar sal pas of nie.

Dit sal die stres verminder voor die troudag as jy weet hoe die eind resultaat min of meer sal lyk.  Wat jy op ‘n prentjie sien en die realiteit mag dalk bietjie verskillend wees.


PAS WEER ‘N KEER JOU TROUROK AAN:

Dit is belangrik om weer jou trourok aan te pas en seker te maak dit lyk nog perfek op jou en of jy enige veranderinge wil aanbring.  Dit is ook belangrik om ‘n rok te kies wat mooi aan jou sit en nie te styf of te los nie.  Moet nie ‘n rok maak vir jou toekomstige mates nie.  Dink aan gemaklik en wat nou en vir jou troudag sal werk.  Onthou jy moet die hele dag in jou trourok spandeer, maak seker dit is gemaklik.


SKOENE:

Die bruid en die bruidegom moet nou al dink aan skoene vir hulle troudag.  Maak seker jy koop twee pare skoene, een formeel en een lekker gemaklike paar skoene.   Dit is veral vir die dames.  Jy wil nie gedurende jou fotosessie ongemaklik wees nie.  Maak seker jy pak gemaklike skoene in om nogsteeds mooi te lyk, maar net meer gemaklik.

Skoene kom en gaan so vinnig.  So as jy iets sien wat regtig mooi is vir jou, maak seker jy koop dit en hou dit vir jou troudag.  Jy sal nie spyt wees nie.


BRUIDSMEISIE ROKKE:

Maak weer kontak met al jou bruidsmeisies en die rok-maker vir jou bruidsmeisies se rokke om seker te maak dat hulle rokke wel nog pas en dat almal gelukkig is oor hulle rokke.  Maak ook seker of die rokke op tyd sal klaar wees.   Goeie advies is om die rokke se sperdatum twee weke voor die troudatum te maak.   So weet jy niks sal verkeerd kan loop nie en jy nie die laaste week voor jou troue hoef te stres of almal se rokke in tyd gaan klaar wees nie.


SELFDOEN PROJEKTE:

As jy enige selfdoen projekte gaan aanpak, begin nou daaraan werk, om die druk voor die troue te vermy.  Nou is die perfekte tyd om jou selfdoen idees te begin realiteit maak.  Eerder te vroeg of te laat.  Indien dit nie so mooi lyk soos jy gedink het dit gaan nie, het jy nog genoeg tyd om ‘n professionele persoon te kry om dit vir jou te doen.


GAAN WEER DEUR JOU DIENSVERSKAFFER LYS:

Maak seker jy gaan weer deur al jou Diensverskaffers wat jy geboek het om seker te maak dat jy niemand gemis het nie.  Dit is baie belangrik om gereeld deur jou lysie te gaan en seker te maak.  Jy kan ook weer almal wat jy geboek het kontak om te hoor of alles nog in orde is en as jy enige vrae het kan jy dit ook sommer nou al vrae.


Artikel Krediet: