Quinton & Charné se selfdoen droomdag

Quinton en Charné wou ‘n ou wêreldse elegansie bring tot hul troue en het slim te werk gegaan met die keuse van hul venue om hierdie ideaal te bereik.  Ons hou veral van hoe hulle die dekor minimalisties gehou het om die aandag nie weg te trek vanaf die pragtige venue nie.  Charné se rok sluit ook perfek aan by hierdie tema omdat sy klein, amper onopsigtelike details gebruik het om ‘n pragtige geheel te skep vir die rok se voorkoms.  Die bruidspaar se foto’s lyk werklik asof dit vanuit ‘n ander eeu kon gekom het, maar tog bly dit steeds modern.  Kyk gerus onder as hierdie ook is wat jy ingedagte het vir jou troudag.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle namekaar aangetrek het?


Ons was deur ‘n gemeenskaplike vriend voorgestel in 2006 , na ‘n hegte vriendskap het dit in liefde geblom in 2009. Quinton se manier met mense het my na hom aangetrek. Hy maak vriende waar hy gaan. Wat uitstaan is dat hy passievol , hardwerkend en aantreklik is, ek voel altyd veilig by hom. Charnè is vir my pragtig van dag een wat ek haar ontmoet het , sy staan my by in alles. Sy is lojaal, vrygewig en liefdevol.

Wat was die troue se styl en waar het julle inspirasie gevind?


Ons wou graag in die stad trou. Ons venue het gemanikuurde tuine en pragtige binnenshuis versiering gehad en het ons dadelik aangetrek. Daar was ook die kapel ‘n klipgooi van die venue wat perfek was vir die seremonie. Ons tema was rustieke, ou wêrelds met die skakerings blou , groen en pienk. Ons wou die elegante elemente van die venue met rustieke elemente opkikker en het baie hout ingebring. Ons het ook by gedra tot die bietjie stadsliggies wat die venue gebied het deur die groot boom buite met liggies te drapeer vir ‘n stunning effek vir ons gaste wanneer hulle na buite gaan.

Was julle met wittebrood?


Ons het op die nippertjie vliegtuigkaartjies geboek na Ballito en het meestal oral geloop aangesien alles so naby aan ons was. Dit was wonderlik om na die troue se beplanning net af te skakel en dae op die strand om te lê. Ons het vreeslik weggelê in kos en aktiwiteite en die skemerkelkies met die son wat sak oor die see was beslis ‘n hoogte punt. Dit was lekker om ons eerste vakansie as ‘n getroude paartjie te geniet. Wittebrood is beslis ‘n moet.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ons troudag self sal ons niks verander nie , ons was mal oor hoe ons troue gelyk het en die gevoel daarvan en het ook talle komplimente gekry daaroor. Ons het so baie hulp van ons vriende en familie gehad , waar ons iets vergeet het , het hulle vinnig gehelp. Ons het die beste verwysings van ons vriende en familie gekry en meeste van ons diensverskaffers was te danke aan hulle. Elke aspek was fyn beplan en perfek deur gevoer.Ons was werklik geseën met uitstekende diensverskaffers.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Mens is geneig om jou toe te spits op  klein goedjies.  Konsentreer op die dinge wat gaste gaan onthou, vir ons was die kos, venue, dekor en fotograaf die belangrikste.  Laat alles anders rondom dit inval.  Gaste gaan nie jou servetringe of die vyfde klippie wat op ‘n tafel moes wees onthou of agterkom nie.  Geniet net die dag, as die platejoggie die rookmasjien vergeet het is dit nie ‘n krisis nie, julle gaste gaan julle eerste dans onthou met of sonder rook wolke om julle.  Neem hierdie tipe ding na die troue met jou verskaffer op.

Wat was julle trou begroting?


Ons het begroot vir ‘n R100 000  en aan die einde R94 500 spandeer.


Diensverskaffers: