‘n Tikkie Saffraan

Nelspruit Wedding Photography

Goud is ‘n tydlose kleur wat telkemale gebruik word by geleenthede.  In hierdie gestileerde fotosessie wys ‘n groep industrie-vriendinne jou hoe om hierdie kleur tesame met mosterd te gebruik as ‘n kleurskema.  Die interpretasie van hierdie kleur is modern en maklik om na te maak vir jou eie spesiale geleentheid.  Lees ook hul wenke oor hope om hierdie tema te volg om te verseker jou volgende geleentheid sal een wees wat jou gaste onthou vir al die regte redes.

Wat was jul inspirasie agter die fotosessie?


Ons was geïnspireer deur die seisoen en veranderende kleure in die Laeveld landskap.  Goud is nou hoogmode en ons wou dit kombineer met skakerings van mosterd en ‘n tikkie saffraan.

Hoekom het julle die span gekies vir die fotosessie?


Ons is ‘n groep trou-industrie vriendinne wat almal n liefde het vir mosterd!  Dit was dus ‘n maklike besluit om kragte saam te snoer.

Wie het die fotosessie gereël?


Eunice van Nieu Photography het die fotosessie gereël.

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Om te sien hoe die span se idees bymekaar kom. Dit was vir almal betrokke verfrissend om met die kleurskema van mosterd en saffraan te werk.

Advies vir paartjies wat die fotosessie se tema wil volg?


Daar was ‘n kombinasie van oudhede met moderne elemente betrokke by die fotosessie. Moenie bang wees om die twee te kombineer nie. Ons het antieke koper potte bymekaar gemaak vir die blomme rangskikkings – snuffel rond en begin solank bymekaar maak vooraf.

Gekleurde kerse is nou hoogmode, kombineer dit met interessante linne vir n tikkie drama.

Wees waaghalsig met jou grimering en gaan vir n donkerder lip kleur.


Diensverskaffers: