Meiring & Bianca se verrassings verlowings

Meiring het dit goed gedink om vir Bianca ‘n verrassings verlowing te beplan en was sy verras en gelukkig was die fotograaf daar om die oomblik op mooi kiekies vas te vang!  Hierdie twee sien nou ook uit daarna om hul pad as getroudes saam te begin stap een van die dae en het reeds ‘n tema vir die troue ingedagte.  Lees onder meer oor hoe hulle ontmoet het en om meer te sien van hierdie pragtige fotos van die paartjie.  Die fotosessie gee die gevoel van gemak, liefde en geluk tussen die paartjie en inkorporeer ook baie natuurlike elemente soos die veld en plaasdiere.  Beslis die moeite werd om na te kyk!

Vertel ons van jul ontmoeting?


Ons het mekaar ontmoet toe ons albei nog op skool was.  Dit het als begin so agt jaar gelede.  Ek was mal oor hom, maar wou niks sê nie en hy oor my ook.  Een van my destydse vriendinne het hom laat weet dat ek van hom hou en hy kon dit amper nie glo nie.  Kort daarna het hy my vir my nommer gevra en ons het begin gesels en was later ‘n paartjie.  Altwee in die wolke natuurlik.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ek het dit glad nie verwag nie, ek het my reg gemaak vir ‘n piekniek.  Ek was geskok, maar so gelukkig!  Ek kon nie vir ‘n beter verlowing vra nie.  Dit was ongelooflik gewees.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Dit sal jul vir Meiring moet vra, ek was nie bewus daar gaan ‘n fotosessie wees nie, so ek was glad nie gereed vir dit nie.

Vertel ons wat is jul droom troue? 


Ek wil graag ‘n boheemse groen geïnspireerde troue hê in ‘n woud. Neutrale kleure en roos goud sal van die kleure wees.

Diensverskaffers: