Jacques & Suné se georganiseerde chaos strandtroue

Jacques en Suné moes ‘n paar jaar wag voor hulle uiteindelik hul gelukkige einde kon hê, maar het nietemin dit gekry.  Hul strandtroue was ‘n ontploffing van kleur en ontspanne samesyn soos alle gaste bymekaar gekom het die oggend op die strand.  Hulle het gefokus op die samesyn en spesiale dinge soos ‘n tydjie vir die mans om bietjie branderplank te ry, ingewerk in hul dag beplanning om seker te maak elke gas sal die dag behoorlik geniet.

Die twee het hul droom dag op Kleinmond se strand beplan vanaf hul oorsese woning in New Zealand, lees beslis onder vir ‘n paar wenke as jy ook graag ‘n strandtroue van die buiteland wil beplan en geen idee het waar om te begin nie.  Kyk onder na hul prentjie mooi foto’s – jy kan nie help om sommer self ook gelukkig te voel nie!

Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet in 1998 as eerstejaars op Stellenbosch, ek afkomstig van Pretoria en Jacques van Mtunzini in Natal (alhoewel sy wortels diep in Stellenbosch begrawe is).  Vir my was dit “liefde met die eerste oogopslag” as ‘n 18 jarige meisie.  Toe ek hom ontmoet het, het ek geweet hierdie is die een!  Dinge het egter nie destyds vir ons uitgewerk nie – op daardie stadium was swot nie vir my nie en ek het opgeskop en teruggetrek Pretoria toe.  Dit was ook in die dae voor maklike e-posse en Facebook.

13 Jaar later woon Jacques in New Zealand en ek in die Kaap. Hy het terug gekom Suid-Afrika toe om botallige liefdadigheidswerk in GF Jooste hospitaal te doen (Jacques het intussen ‘n noodmedisyne spesialis geword) en om ‘n langer tyd saam met familie te hê. Hy het my opgespoor deur moderne kanale, Facebook, en my genooi vir n glas wyn.

Met tweede eerste oog opslag was die koeël weer deur die kerk.  Ons was basies heeltyd saam van toe af en ek het so 8 maande later saam met hom terug getrek New Zealand toe waar ons nou nog bly.

Wat my aangetrek het na Jacques in 1998, 2010 en elke dag vandag nogsteeds is hy dink oor dinge.  Goed wat ander mense vanselfsprekend neem het hy goed deurgedink.  Jacques doen sy eie ding en lewe ‘n unieke lewe.  Hy stel belang in goed waarin ek ook belangstel.  El k leer so baie meer van die lewe as wat ek op my eie sou.  Hy maak my sielsgelukkig, maar natuurlik soms ook mal!  Hy’s steeds die een vir my.

Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding

Wat was die styl van die troue?


Die styl van ons troue was informele, georganiseerde chaos op die strand.  Ek het geweet ek wil op die strand trou.  Ons wou ons troue laat voel soos ons lewe is – gemaklik, pret en kleurvol. Jacques se voor-ouers het die derde huis in Kleinmond gebou vroeg in die vorige eeu, toe ons dink aan venues het ons altwee net geweet dit moet op Kleinmond strand gebeur.  Daar is soveel geskiedenis in die dorp, Jacques se familie spandeer steeds naweke in hulle strandhuis, en die eerste keer toe ek Kleinmond gesien het het ek my hart verloor op die berge en see.

Inspirasie is gevind deur te dink aan wat ons wil hê en waarvan ons hou.  Natuurlik ook met die hulp van ons trou-koördineerder via Skype – ten opsigte van wat sal werk op die strand en onthaal in die Herold Porter botaniese tuin en wat nie.  Ek het geweet ek soek n kleur ontploffing in die blomme, en tog iets wat eg Suid Afrikaans is daarom proteas was n groot deel in my beplanning.

Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding

Was julle met wittebrood?


Elke dag terug in New Zealand is steeds ‘n wittebrood!  Omdat ons ons families so min sien het ons ‘n ‘familie wittebrood’ gehad in plaas van ‘n tradisionele wittebrood.  Ons het ‘n wonderlike week in die Moremi wildreservaat in Botswana spandeer met ‘n toegeruste 4×4 motor, kompleet met dak-tente, gas yskaste, satelliet-fone en ons familie.   Ten spyte van vloede en vasgevalde voertuie was dit ‘n fees!

Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ons het ‘n sonsopkoms seremonie op die strand gehad en middagete onthaal in die botaniese tuin.  Ons het piekniek ontbyt bedien op die strand om-en-by agt uur die oggend en toe beplan om ‘n paar ure op die strand te spandeer sodat die mans kan gaan branderplank ry en die onthaal eers van twaalf uur die middag af by die botanies tuin beplan.  As ek alles kom oordoen sou ek direk na die ontbyt reeds botanies tuin toe begin beweeg het en verder daar gekuier het waar mense lekker gemaklik kon sit en kuier (en ietsie drink – alkohol is mos onwettig op die strand).  Die mans kon dan net weer na die branderplank ry by ons aansluit. Die onthaal het so vinnig verbygegaan, ons sou dit graag bietjie wou uitrek.

Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Dis moeilik om ‘n troue te beplan wat aan die ander kant van die wêreld gaan gebeur, veral as mens uit voeling is met verskaffers, beskikbaarheid, lokale en modes.  New Zealand is baie rustig en mense is baie gefokus op selfdoen inisiatiewe.  So my raad vir mense wat hulle troue van ver af reël is om ‘n goeie trou koördineerder te kry, ook mense van die omgewing naby waar die troue gaan plaasvind vir plaaslike inligting en dan ook om meer as ‘n week voor die troue in die land aan te kom.  Ons het 5 dae gehad – sal dit nie aanbeveel nie!

Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding Beach Wedding

Wat was julle trou begroting?


Ons aanvanklike begroting was omtrent R60 000, maar ons het toe baie meer mense genooi, omtrent 100 meer, en het ontbyt en middagete en vol kroeg roete gegaan met bussies vir vervoer, oppassers vir die kinders en ‘n baie koel  lewende optrede van ‘n musiekgroep met Gerald Clark.  Ons het op die einde van die dag by R180 000 gedraai.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: