Foelie geïnspireerde spyskaart

Eenvoudige ontwerpe met in-mode-elemente is altyd ‘n wen-resep wanneer dit by skryfbehoeftes kom vir jou troudag.  Die ontwerp van Something Gold Designs hieronder gebruik eenvoudige skrif en ontwerp elemente sodat alle klem gelê word op die pragtige goue foelie-drukwerk.  Nie net lyk dit elegant en modern nie, maar kan ook gebruik word by verskeie tema’s omdat die ontwerp jou nie bind tot ‘n spesifieke era of styl nie.  Kyk onder om meer te sien van hierdie skryfbehoeftes en wie weet, dalk vind jy ook jou ideale skryfbehoefte ontwerp!


Artikel Krediet: