Elegante kleur gestileerde fotosessie

Baie bruide se gunsteling kleur is swart, maar hoe gemaak wanneer jy die kleur by jou troue se kleurskema moet inkorporeer?  Natasha Jackson van Rustic Rock, wat die fotosessie georganiseer het, wys in hierdie gestileerde fotosessie hoe om swart as ‘n basis kleur te gebruik en dan op te helder met verskeie ander kleure.  Hierdie fotosessie is iets anders en beslis inspirasie vir die onkonvensionele bruidspaar. Die kleure van die dekor word ook pragtig opgevang in die skryfbehoeftes.  Die geheel van die prentjie vorm ‘n pragtige dag wat borrel van kleur en uniekheid.

Inspirasie van die fotosessie?


Swart en goud is iets wat altyd elegant en stylvol is, maar dis ook vreeslik lekker om bietjie uit jou gemaksone te beweeg en te speel met kleur. Die kleur het ongelooflik mooi saamgewerk met die swart en dit lewe gegee.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons is ʼn span diensverskaffers wat almal wou eksperimenteer het met die hierdie gestileerde fotosessie en was almal baie opgewonde om saam te werk en die eind resultaat te kon sien.

Wie het die fotosessie  gereël?


Natasja Jackson van Rustic Rock het die gestileerde fotosessie gereël en ons almal het ingespring om elke aspek rondom die fotosessie te laat werk.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Ek was mal daaroor om met ons model te werk.  Reinette was ongelooflik professioneel en as fotograaf was dit vir my baie maklik om vas te vang wat ek wou, want sy het so maklik saam gewerk en was gemaklik voor die kamera.  Dit help natuurlik ook dat sy ‘n mooi mens is!

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Moet nooit bang wees om bietjie buite die boks te beweeg nie. ʼn Idee sal altyd werk as jy net die regte elemente bymekaar sit, maar maak gebruik van baie betroubare diensverskaffers wat saam met mekaar kan werk om jou idee aanmekaar te sit.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: