Beplan Jou Troue 9 Van 12

Ons het verlede maand die agste van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand nege van twaalf.  Met ander woorde vier maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue.Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Fotograaf en Videograaf geboek het
  • Trou-gevolg gekies het
  • Versekering
  • Gastelys finaliseer het
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het
  • Begin verblyf geboek het vir die bruidspaar en ook gaste.  Onthou hoe vroeër jy plek boek hoe goedkoper sal die prys wees.
  • Wittebrood begin beplan het
  • Trou Offisier/Amptenaar geboek het
  • ‘n Verhuring besigheid:Ingedagte het in die geval dat jul self die trou dekor doen en beplan.
  • Spyseniering:Begin proe en heel moontlik geboek het
  • Beligting en elektriese benodighede.
  • Grimering- en Haarstilis geboek.
  • Grimering-en Haar proefloop
  • Kyk na verskillende Skryfbehoefte ontwerpers
  • Spaar die datum kaartjies uitgestuur het
  • Vermaak vir buitelandse gaste
  • Verlowing fotosessie
  • Vervoer vir jou gaste
  • Seremonie besonderhede bevestig het
  • Ontmoet met julle trou-offisier
  • Kies die persone om seker rolle te vul
  • Dans-klasse bespreek as jy nie kan dans nie
  • Begin dink het aan musiek vir die onthaal
  • Skryfbehoeftes gefinaliseer
  • Spyseniering en spyskaart gefinaliseer
  • Paspoorte en Visa’s vir Wittebrood nagegaan
  • Besluit op Troukoek

MAAK ‘N FINALE LYS VAN DIENSVERSKAFFERS:

As jy nog nie iewers ‘n lys van Diensverskaffers het nie is dit nou die perfekte tyd om ‘n lekker lang lys van al jou verskillende Diensverskaffers te maak.  Begin by voor die troue tot na die troue en sluit al jou diensverskaffers in op die lys.  Dit is maklik om dan te sien as jy iemand gemis het of dalk vergeet het.  Klik hier op na Mooi Troues se diensverskaffers te kyk in jou provinsie.


FINALISEER BRUIDEGOM SE PAK

Finaliseer die bruidegom en sy strooijonkers se pakke.  Maak seker hulle pas dit aan en ook ‘n maand voor die troue, om seker te maak die pakke pas wel nog.  Moet nie net ‘n pak koop op ‘n mate nie.  Gaan eerder in na die winkel en maak seker die pak sit perfek. Indien dit mooi sit, maar Klein veranderinge benodig, sou ons aanbeveel jy laat doen dit sommer of kry iemand om die verstellings vir jou professioneel te laat doen.


BRUID BYKOMSTIGHEDE

Bykomstighede kan baie wees soos juweliersware soos hangertjies, armbandjies en oorbelle.  Dit sluit ook in ‘n warm baadjie en gemaklike skoene om te dans en ook vir die fotosessie.  Dit sluit ook in die kousband as jy een gaan dra.


KOOP JULLE TROURINGE

As jy nog nie jou trouring gekoop het nie, is dit definitief nou die perfekte tyd om jou trouring te koop.  Onthou asseblief om jou trouring te laat verseker voordat jy die juwelier verlaat.


DINK AAN GASTE GESKENKE

Teen die tyd weet jy al presies wie kom na jou troue toe en wie nie.  Daar mag dalk laaste minuut kansellasies wees, maar dit is baie skraal.  Begin solank rondkyk vir oulike gaste Geskenke binne jou begroting.  As jy iets selfdoen wil doen, sal jy nou al moet begin werk daaraan, want die tyd vlieg baie vinnig en as jy jou weer kry is jy by jou troue.


GESKENK-REGISTER

Dit is seker een van die mees opgewonde dinge wat jy kan doen en dit is om vir jou ‘n geskenk-register oop te maak.  Jy kan dit by meeste winkels doen en jy hoef ook nie net by een te gaan nie.  As jy voel jy wil by meer as een, twee of drie winkels gaan vir jou geskenk-register kan jy so maak.

Kyk ook na die verskillende voordele en termes en bepalings van die verskillende winkels voordat jy jou geskenk-register by die winkel van jou keuse registreer.


Artikel Krediet: