‘n Klein-Karoo wittebrood

‘n Wegbreek by De Zeekoe buite Oudtshoorn in die Klein Karoo is perfek vir nuut getroude paartjies wat die natuurskoon en stilte van die Karoo wil geniet op hul wittebrood en net tyd met hul maat spandeer; of avontuurlustige paartjies wat verlore wil raak met al die aktiwiteite wat hier aangebied word.  Daar is darem niks beter as ‘n koppie Boeretroos in die oggend terwyl jy oor die Karoo landskap uitkyk en jou liefie in jou arms vashou nie.

De Zeekoe het drie volledig toegeruste luukse kothuise wat ‘n wegbreek in die Karoo ‘n luukse ervaring bied.  Die eenhede is selfsorg en kom met al die luukshede wat verwag kan word; mini-kroeg, gratis Wifi om al die natuurskoon fotos op Instagram te deel, lugversorging wat koud gaan in die warm dae en warm gaan in die koue nagte en selfs ‘n binne- en buite braai.  Daar is ook ‘n swembad vir die eksklusiewe gebruik vir die kothuise se inwoners om af te koel.  Ontbyt word soggens bedien in die hoof restaurant en daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies.

De Zeekoe is net 7 km buite die dorp van Oudtshoorn en omring met die bekende Swartberg en Outeniqua berge en is een van die wêreld se 17 populêre plekke met 3 oorvleueling blom sones.  Hier kan jy ook 160+ voëlspesies sien en die area is die Meerkat habitat en die Skaam-5.  Skaam-5 vra julle?  Wel hier praat ons van die Meerkat, Aardvark, Ystervark, Aardwolf en Bak-oor Jakkalsies

Die professionele span van De Zeekoe sal seker maak dat jul verblyf daar uit die boonste rakke is en sal jou bederf met Karoo Gasvryheid.  Daar is piekniek areas, wildritte, fiets-ry roetes, kanovaart en bring jou eie visvang gereedskap en jy kan ‘n lyntjie in die water gooi.

De Zeekoe gee ook terug aan die gemeenskap en bied behuising aan 20 gesinne op die plaas.   Hulle doelwit is om die lewenstandaard positief te verhoog en die plaaslike gemeenskap op ‘n deurlopende basis te verhoog.  Generasies van hul werknemers en hul kinders is opgevoed deur Zeekoegat Laerskool.

Blaai onder deur die fotos en kontak te Zeekoe dadelik vir ‘n Klein-Karoo wittebrood of wegbreek.


Artikel Krediet:

  • Fotos geneem en kopiereg besit deur: Vorsprung Studio
  • Geborgde Artikel geskryf deur Mooi Troues