Beplan Jou Troue 8 Van 12

Ons het verlede maand die sewende van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand agste van twaalf.  Met ander woorde vyf maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue.Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Fotograaf en Videograaf geboek het
  • Trou-gevolg gekies het
  • Versekering
  • Gastelys finaliseer het
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het
  • Begin verblyf geboek het vir die bruidspaar en ook gaste.  Onthou hoe vroeër jy plek boek hoe goedkoper sal die prys wees.
  • Wittebrood begin beplan het
  • Trou Offisier/Amptenaar geboek het
  • ‘n Verhuring besigheid:Ingedagte het in die geval dat jul self die trou dekor doen en beplan.
  • Spyseniering:Begin proe en heel moontlik geboek het
  • Beligting en elektriese benodighede.
  • Grimering- en Haarstilis geboek.
  • Grimering-en Haar proefloop
  • Kyk na verskillende Skryfbehoefte ontwerpers
  • Spaar die datum kaartjies uitgestuur het
  • Vermaak vir buitelandse gaste
  • Verlowing fotosessie
  • Vervoer vir jou gaste
  • Seremonie besonderhede bevestig het
  • Ontmoet met julle trou-offisier
  • Kies die persone om seker rolle te vul
  • Dans-klasse bespreek as jy nie kan dans nie
  • Begin dink het aan musiek vir die onthaal

FINALISEER SKRYFBEHOEFTES

Dit is nou die tyd wanneer jy jou skryfbehoeftes vir jou troue wil begin finaliseer. Dit sluit in jou spyskaarte, sitplek kaartjies, naam kaartjies, rigting aanwysing borde en baie ander skryfbehoeftes ontwerpe wat jy kan kry vanaf verskillende professionele skryfbehoeftes ontwerpers.

Skryfbehoefte ontwerpers is baie besig in die trou seisoen, so maak seker jy bevestig jou skryfbehoeftes ontwerper so gou moontlik, om seker te maak jy bevestig die persoon wat jy graag wil gebruik.

Daar is baie verskillende elemente waaraan jy moet dink soos die uitleg, kleurskema, illustrasies en die inligting op jou ontwerpe. Wanneer jy jou spyskaart laat ontwerp, maak seker jou spyskaart is gefinaliseer by jou spyseniers en maak ook seker oor die spelling van die disse.

Wanneer jy jou skryfbehoeftes se proef afteken, maak seker jy lees alles mooi deur en maak seker alles is reg gespel.

Klik hier om Mooi Troues se verkose skryfbehoefte verskaffers te sien.


FINALISEER SPYSENIERING

Teen die tyd moes jy nou al jou disse geproe het en al die bykomstighede wat daarmee gepaard gaan.  Dit is nou die beste tyd om jou spyskaart te finaliseer met jou spysenier.


PASPOORTE EN VISA’S

Maak seker jou paspoort is nog geldig en indien nie, is dit nou die perfekte tyd om aansoek te doen vir ‘n nuwe paspoort.  Jy wil nie stres of jou paspoort betyds gaan kom of nie, so doen eerder vroegtydig aansoek.

As jy oorsee gaan vir wittebrood of trou, maak seker jy weet alles oor die VISA aansoek proses en wat presies jy benodig om aansoek te doen.  Kry solank alles bymekaar en maak seker jy doen aansoek vroegtydig.


TROUKOEKE

Jy het moontlik teen die tyd al ‘n goeie idee van watter tiepe troukoek jy soek en wie jy graag wil gebruik vir julle troukoek. As jy nog nie koeke gekyk en geproe het by verskillende koekmakers nie is dit nou die tyd wat jy dit moet doen.  Maak seker jy kies ‘n koekmaker wat voldoen aan julle smaak en ontwerp.  Begin om jou koek keuse en koekmaker te finaliseer.


Artikel Krediet:

 

1 Comment

Comments are closed.